BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Sondag 05 Februarie 2017

TRUMP IS ‘N RAMP

Christene se steun aan die bombastiese en impulsiewe Donald Trump kan rampspoedige gevolge hê vir die beeld van die evangelie dwarsoor die wêreld!



Trump bewys homself al hoe meer as ‘n populistiese lawaaimaker en bontprater. In sy ywer om te probeer voldoen aan sommige van sy onrealistiese verkiesingsbeloftes sê en doen hy ondeurdagte dinge. Een van Trump se grootste flaters is sy jongste minagting van die regstelsel. Nadat ‘n federale regter (wat deur Bush aangestel is en dus beslis nie as ‘n liberalis uitgekryt kan word nie), James Robart ‘n tydelike stokkie voor Trump se immigrasieverbod uit sekere moslemlande gesteek het, het Trump weer op tipiese kinderagtige wyse op Twitter gereageer: 

The opinion of this so-called judge, which essentially takes law-enforcement away from our country, is ridiculous and will be overturned!

Donald, vertel ons, wat is ‘n “ so-called judge”? Is dit nou alle regters wat nie met jou saamstem nie? Dis nie die eerste keer dat Trump ‘n regter beledig nie. Dis nie die taal wat mens van ‘n westerse leier verwag nie, maar eerder van ‘n despoot in ‘n piesangrepubliek. 

Ja, ek weet Donald Trump doen goeie dinge ook. Ja, ek was ook bly dat hy Hillary uit die Withuis gehou het en ja, ek weet die liberale media is soms baie onbillik met hom. Tog sy eie woorde getuig teen ondubbelsinnig teen hom.

As Christene het ons ‘n plig om die beginsel van ‘n ordelike regstaat te ondersteun. Trump se belediging van regters mag nie stilswyend misgekyk word nie. Christene moet duidelik laat hoor : Ons is nie so nie! As Christene het ons ‘n taak om die evangelie van Jesus aan alle nasies te verkondig. Ja, ook Moslemnasies! Christene se goedkeuring van en lofprysing van Trump gaan dit drasties bemoeilik. (Lees gerus Yolande Korkie se aangrypende boek, 558 Dae)

Ter wille van die geloofwaardigheid van die evangelie in die wereld behoort Christene van alle oortuigings hulleself van Trump te distansieer!

Ek kan Trump se optrede nie goedpraat nie! (En terloops, arme Mike Pence, hy is regtig 'n ordentlike besadigde man. Ek wonder net wanneer gaan hy moeg raak om die onverdedigbare Trump te probeer verdedig...?)

(Kliek op Dilemma)

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.