BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Donderdag 27 Junie 2013

SOOS JESUS?

- Kok sing ook in die koor.

Volgens die dagblad BEELD het prof. Kobus Kok van Tukkies gesê daar is aspekte van Mandela se lewe wat hom herinner aan Jesus. Hy wys gelukkig darem gou daarop dat hy Jesus nie met Mandela wil gelykstel nie. Dankie prof., maar weet, net bloot om Jesus en Mandela (en ook sommer Ghandi en Martin Luther King)* se name in dieselfde asem te noem wil 'n Christen klaar laat gril! Mensverering bereik in hierdie dae skynbaar nuwe hoogtes...

Ek sou sê Jesus se lewe onderstreep juis dit wat met Mandela s'n fout gegaan het. 

Beide het hulleself in samelewings bevind waar hulle medevolksgenote marginalisering en onreg beleef het.  Maar hulle optrede binne in hierdie situasies was so verskillend en ver van mekaar verwyder soos die Ooste en die Weste! Jesus het nooit opstand of geweld teen die Romeinse onderdrukkers bepleit nie, Mandela was die aanstigter van geweld! Terloops, president Zuma het nou die dag opposisiepartye daarvan beskuldig dat hulle Mandela eensydig voorstel (as die versoenener?), maar die res van sy loopbaan ignoreer of verswyg. Ek dink Zuma is heeltemal reg op hierdie punt! So baie van die loftoeswaaiers het blykbaar heeltemal vergeet waarom Mandela deur 'n hof tronk toe gestuur is en is hardkoppig blind vir al die gruwels wat Umkhonto we Sizwe gepleeg het!

Jesus is onskuldig veroordeel, juis omdat Hy God se wil ten alle tye gedoen het. Dit kan geensins van Mandela gesê word nie!

Die grootste onderskeid tussen Jesus se aardse loopbaan en die van Mandela word egter sigbaar as dit gemeet word aan die norm van God se wil. Jesus het volmaak die wil van sy Vader eerste gestel en nêrens kom dit duideliker na vore as in sy worstelgebed in die tuin van Getsemane nie : "Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!" Het Mandela hom beywer vir God se wil of was hy dalk meer gedienstig aan die sekulêre humanisme en die ideale en inspirasie van sy rewolusionêre mentors soos Castro en kie? Die feite is daar vir elkeen om na te gaan...

Ek kom nie tot dieselfde konklusies as Kok nie!

*Die berig meld ook onder andere : Alle groot profete-leiers is gebore in omstandighede van krisis en wanhoop. Dit is wat van visioenêre leiers maak wat hulle is, sê Kok. Leiers soos Moses, Jesus, Gandhi, Martin Luther King en Mandela het almal ’n lang lydingspad geloop ter wille van ander.
Dís hoe profete werk. Profete is ikone, simbole, aantreklike voorbeelde van dít wat hulle in gedagte het.

7 opmerkings:

  1. BAIE dankie hiervoor Ds Johannes – ek het nie die Beeld gelees nie, maar net bloot die HOOR van die term “IKOON of in Engels “ICON” oor die radio laat my hare regop staan!! Ek verafsku dit. Hier is woordeboek betekenisse daarvan:

    IKOON EN IKONISITEIT:
    Die ikoon (Gr.: eikoon: beeld) was in die Russies Ortodokse Kerk in die Bisantynse tradisie 'n afbeelding van Christus, 'n engel, 'n heilige of 'n religieuse gebeurtenis wat dan sélf as heilig of gewyd beskou is. Vandag word die term ikoon vir enige vorm van afbeelding in portret- of beeldvorm gebruik.

    ICON:
    An icon (from Greek εἰκών eikōn "image") is a religious work of art, most commonly a painting, from Eastern Christianity and in certain Eastern Catholic churches. More broadly the term is used in a wide number of contexts for an image, picture, or representation; it is a sign or likeness that stands for an object by signifying or representing it either concretely or by analogy, as in semiotics; by extension, icon is also used, particularly in modern culture, in the general sense of symbol — i.e. a name, face, picture, edifice or even a person readily recognized as having some well-known significance or embodying certain qualities: one thing, an image or depiction, that represents something else of greater significance through literal or figurative meaning, usually associated with religious, cultural, political, or economic standing.

    Om Mandela op so 'n wyse tot heilige te verklaar is GODSLASTERLIK! Johannes die Doper ( van wie Jesus gesê het dat daar onder die wat uit vroue gebore is, nie een is wat groter is as Johannes die Doper nie) het gesê dat hy nie werd is om Jesus se skoenrieme vas te maak nie!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ja, net Een is ons ongekwalifiseerde bewondering waardig! Hy wat ons met sy bloed losgekoop het, uit elke taal , volk en nasie!

      Vee uit
  2. Die mamparra-professor Kok op Tukkies se teologiese fakulteit mis die punt heeltemaal met sy uitspraak dat Mandela hom aan Jesus herinner.. maar hy noem niks van Mandela se non-bestaande instelling teenoor Christus nie. Ek vermoed dat hy ook op die akademiese wa geklim het om publisiteit te kry en sy kollegas een voor te wees.. pateties voorwaar, en tekenend vd standaard van teologie wat ons deesdae op die kweekskool het.. Somerset Morkel, Pretoria. Khwezi@mweb.co.za 0604838859

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Broer baie dankie vir jou kommentaar, ek waardeer dit. Ek dink net ons moet as liefhebbers van die waarheid baie versigtig wees hoe ons dinge stel, so as broer in die Here moet ek dit maar net vir jou noem dat ek ongemaklik voel met die byvoeglike naamwoord "mamparra". Ek raak seker ook soms in my driftigheid onversigtig... Hoop jy vat dit in 'n goeie gees. Vrede vir jou!

      Vee uit
  3. Ek sien die prof verdedig sy siening in Die Burger gister ( nie dat ek 'n noemenswaardige verskil kan raaklees nie): http://www.dieburger.com/nuus/2013-06-29-madiba-het-radikaal-vergewe-soos-jesus

    AntwoordVee uit
  4. Die feit dat net sekere opmerkings gepubliseer word, waarin iemand soos Prof Kok gevilifiseer word, maar kritiek verskaf word op die wyse waarop die gemeentelede en u as dominee dit hanteer, en dit nie gepubliseer word nie, skep n negatiewe beeld. Ek dink die slegpraat van prof Kok moet reggestel word. Miskien kan die dominee die reaksie van die prof in Die Burger en Beeld analiseer en die negatiewe berig regstel. Negatiewe kommentaar soos die doen mense skade en doen afbreek aan die beeld van die gemeente. As hierdie kommentaar nie gepubliseer word nie, gaan dit op ander plekke soos in die koerant genoem word! Stel die dinge bietjie in perspektief. Opmerkings sois die mampara beeld skep uiters swak indruk. Maar dan publiseer u nie my kritiek nie? Dit gaan aangegee word! Dis oneerlike beheer van inligting!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Anoniem, waar val jy uit? Watter kritiek het ek nie gepubliseer nie?
      Ek vind jou lawaai en dreigemente vreemd omdat
      ~ jy nie die moed het om jou naam noem nie, maar dreigemente rond te swaai!
      ~ omdat ek my duidelik nie met die "mamparra" opmerking vereenselwig het nie, maar die broer wat dit gebruik het, aangespreek het.

      As jy verwag om ernstig opgeneem te word, skryf onder jou eie naam!

      Ek staan by my opmerkings oor Kok se artikel, alle verduidelikings ten spyt. Ek het hom ook nie beledig nie, maar net duidelik gestel dat ek nie tot dieselfde konklusies as hy kan kom nie!

      groetnis

      Vee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.