BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Donderdag 06 Oktober 2016

BRIEF AAN KERKBODE : “jong teoloë”

Ds. Hector Jooste van die NG Kerk Otjiwarongo het die onderstaande brief aan die KERKBODE gestuur :

Redakteur

Met verwysing na die berig “Jong teoloë steun besluit oor gays” in die uitgawe van 28 September 2016, het ek geen keuse as om myself uit te spreek aangesien Christus sy volk die luuksheid van te swyg, ontneem (Mark. 8: 38). Ek maak hiermee die volgende stellings:

1.Hierdie sogenaamde “jong teoloë” is geen teoloë nie. Hulle is nie besig met Θεος Λογος nie, maar met die woord van mense. Die Woord van God is eenhonderd persent duidelik betreffende die sondigheid van enige seksuele verhouding wat buite die huwelik tussen een man en een vrou staan. Hulle behoort hulleself eerder as filosowe te identifiseer.

2. Hierdie skokkende onkunde oor die Woord van God deur hierdie sogenaamde teoloë werp ‘n uiters negatiewe refleksie oor die treurige stand van teologie wat tans aan Suid-Afrikaanse universiteite gedoseer word. Dit is van so ‘n aard dat sommige gemeentes reeds openlik daaroor praat dat proponente wat aan Suid-Afrikaanse universiteite afstudeer het, nie sonder meer beroep kan word nie. Die plaaslike kerk en kerkraad moet eers baie seker maak van enige sodanige student se teologiese suiwerheid. Selfs die legitimasie deur die Algemene Sinode staan nou reeds ernstig onder verdenking.

3. Hierdie onsekerheid betreffende die regsinnigheid van afgestudeerdes by Suid-Afrikaanse teologiese fakulteite is een van die hoofredes waarom kerke hulle verband met die Algemene Sinode al meer begin bevraagteken. Al meer word opmerkings gehoor soos “Wat het ons te verloor as ons ons losmaak van die AS?” en “As ons nie meer aan die AS verbind is nie, kan ons predikante beroep van meer gereformeerde instansies (selfs elders in die wêreld)”. (In hierdie opsig sal dit baie van die belanghebbenes baat om opnuut te gaan kyk na die betekenis van die begrippe “kerk” en “kerkverband”, en die implikasies van ‘n kerkverband wat nie meer aan die doel beantwoord waarom kerke in die eerste plek toegetree het tot die verband nie.) Dit is die dun ys waarop beweeg word met die roekeloosheid van hierdie onregsinnige sogenaamde teoloë.

4. Laastens is dit uit hierdie goddelose chaos wat veroorsaak word deur die klomp gay-drywers in die kerk aan die een kant, en aan die ander kant die Godlose teologie wat skynbaar aan Suid-Afrikaanse universiteite gedoseer word, duidelik dat ons tans die situasie beleef wat beskryf word in Op. 11. Die gay-drywers en die goddelose teologie gaan seer sekerlik die totale oorhand kry (Op. 11: 7). Dit is egter slegs tydelik van aard (Op. 11: 11). Saam met Stéfanus hou ons ook ons oë na die hemel en sien ons die heerlikheid van God en Jesus wat staan aan die regterhand van God (Hand. 7: 55). Saam met Johannes beaam ons ook ons Here Jesus se woorde in Op. 22: 20 “Amen, ja kom, Here Jesus!”

Hector Jooste (VDM)

Vir die inhoud van die belydenis kliek op : JONGES BELY




2 opmerkings:

  1. Baie dankie Ds. Hector vir jou bydra.

    Dit beskaam my dat ek geassosieer moet word met hierdie uitlatings(jong predikante), want ek is n lidmaat van die NG Kerk, en word dan sodoende dadelik in een van twee kampe ingedeel - Gay hater of Gay aktivis - en ek is nie n aanhanger van een van die twee kampe nie. Miskien het dit tyd geword dat ek werklik besin oor my assosiasie met instellings wat nie my geloofs oortuigings deel nie maar wat my betrek, teen my wil, en my toedeel aan n sirkus wat ek geen behae in het nie.

    AntwoordVee uit
  2. Ja Ds. Hector, dis hartseer sake hierdie. Laat ek maar reguit sê dat ek sedert 2003 nie meer lid is van die NGK nie en ek maak nie graag vergelykings nie. Ek is ingeskakel by die Baptiste gemeenskap van gelowiges hier op Mosselbaai. U is seker daarvan bewus dat elke Baptiste gemeente outonoom is en slegs vrywillig by die Baptist Association kan affilieer. Omdat ek my "wortels" gedeeltelik moes loswoel, en nie die Baptiste se geskiedenis keken het nie. het ek drie boeke aangeskaf(oa): "A Short History of the Baptist Church"(Vedder - en nie "short" nie); "The Pilgrim Church"(Broadbent) en "The Reformers and Their Stepchildren"(Verduin). Gou was dit vir my duideklik dat die Kerk nooit bedoel was om 'n lompe topstruktuur te ontwikkel nie. Selfs Luther het in een van sy geskrifte van 'n soort "huiskerk" geskryf. Nou is dit natuurlik vir 'n Kerk baie moeilik om uit die struktuur weg te breek - redes waarvan u sekrlik baie bewus sal wees. Wees verseker dat daar vanuit ons geledere gebid word oor hierdie godslastering. Mag die gemeentes wat worstel, en daar is baie, staan by die vyf Solas en by die Goddelike waarheid van die Skrif

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.