BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Vrydag, 27 Februarie 2015

HOMOSEKSUALITEIT : OPE BRIEF

2015-02-25

’n Ope brief aan die Algemene Sinode van die NG Kerk: Taakspan oor Homoseksualiteit

Geagte Moderamen

UITNODIGING OM SKRIFTELIKE BYDRAE:  ’N BYDRAE DEUR ’N VOORMALIGE HOMOSEKSUEEL

Ek dank u vir die uitnodiging aan belanghebbendes om ’n skriftelike bydrae te lewer met die fokus op die status en etiese vrae rondom selfdegeslagverhoudings. As ’n man wat vir 32 jaar in ’n homoseksuele leefstyl betrokke was, van oriëntasie verander het, en tans bykans 11 jaar getroud is,  glo ek dat ek ’n bydrae tot die debat kan lewer.

Kern-homoseksualiteit is waarskynlik so oud soos die mensdom self, en alreeds in die Griekse en Romeinse era het daar teorieë oor die oorsake van homoseksualiteit bestaan.Dit is belangrik om kennis te neem dat dié wat in die hedendaagse samelewing selfdegeslagverhoudings voorstaan, nie verteenwoordigend is van almal wat aangetrokke voel tot persone van dieselfde geslag nie. Verder moet ’n duidelike onderskeid gemaak word tussen ten minste twee groeperinge van persone wat selfdegeslag-aangetrokkenheid beleef.

Daar is sommige wat aangetrokke voel tot persone van dieselfde geslag maar dit nie as hulle identiteit aanneem nie. Hulle glo nie dat hulle so gebore is nie en glo dat verandering moontlik is. So ‘n persoon beleef oor die algemeen sy selfdegeslag-aangetrokkenheid as ongewens. Baie van diesulkes beskou dit as vernederend en beledigend as daar na hulle as gay en selfs homoseksueel verwys word. Hierdie groepering stel nie belang om met ’n persoon van dieselfde geslag in die huwelik te tree nie.

Die tweede groep neem hulle selfdegeslag-aangetrokkenheid aan as ’n identiteit, glo dat hulle so gebore is, nie kan verander nie en sal na hulleself as gay verwys. Hierdie groepering is oor die algemeen, bewustelik of onbewustelik, deelgenote in die polities-gedrewe gay agenda. Sommige van hulle sal in ’n huwelik bevestig wil word maar nie almal deel daardie sentiment nie.

Selfdegeslagverhoudings is ’n komplekse aangeleentheid en vra vir ’n vlugtige terugblik op ’n hermeneutiese aspek. Die kerk bevind hom in ‘n dilemma met die hantering van die saak, nie omdat die Bybelse en hermeneutiese toepassing onduidelik of verwarrend is nie, maar omdat die onderwerp vanuit verskillende invalshoeke benader word.4 Gagnon verwys na die Omgekeerde Hermeneutiese Skaal en verduidelik dit soos volg:5

Essentially, the anti-“homosex,” pro-complimentary, or pro-structuralist side of the homosexuality debate in the church is best served when it formulates the following arguments in this order if significance:

1.  Scripture: Scripture shows consistent, strong, absolute and counter cultural opposition to homosexual practice. It is in short a core value in scriptural sexual ethics. The scriptural witness against homosexual practice is inclusive of caring homosexual unions and forms of homosexual practice involving some degree of congenital causation.  The closest analogues to the Bible’s opposition to homosexual practice are the Bible’s opposition to adult incest and the New Testament’s opposition to polygamy; in other words, forms of behaviour that society today still proscribes. A similar argument may be made from church tradition (church fathers on).

2.  Philosophical reason (a nature argument): Transparent observation of the complementary features of man and woman in the material order of nature make evident that homosexual unions are structurally incongruous (cf. the nature argument from Rom. 1:24-27).  A same-sex union does not pair sexual counterparts or “other halves.”  Biologically related impulses are less reliable indicators of what is natural than the compatible structures of maleness and femaleness. This too is the view of Scripture.

3.  Scientific reason: Homosexual behaviour is characterized by higher rates of problems as regards sexually transmitted disease, depression and suicidality, high number of sex partners over the cause of life, and short-term sexual unions. These problems, which occurs at markedly different rates for homosexual males and homosexual females, are attributed, at least in significant part, to biological differences between men and women and the absence of moderating other-sex influence in homosexual relations.  Moreover, science has failed to show that homosexuality is an inevitable consequence of birth or in all respects culturally immutable.

4.  Experience: Personal encounters with, or at least awareness of, individuals whom God appears to have healed of same-sex attraction give hope for transformation.  At the same time, however it is unscriptural to define transformation as requiring the eradication of all unwanted impulses.  Jesus’ call to discipleship as a death to self is a call to self-denial in the midst of contrary impulses.

The pro-“homosex,” pro-affect, or anti-structuralist side, for its part, formulates the following arguments, in this order of significance:

1.  Experience:  Personal encounters with, or at least awareness of, well-adjusted homosexual persons, who appear unable to change their sexual orientation and are in a caring homosexual relationship, provides persuasive evidence for the acceptability of homosexual relations.

2.  Scientific reason: Science has shown that a homosexual orientation is often significantly influenced by congenital factors and very resistant to change.  At least some of the problems associated with homosexual practice are attributed to the lack of societal supports for committed homosexual unions. Moreover, harm is not inherent.

3.  Philosophic reason: The quality of affective bonds in a homosexual union trumps any formal/structural requirements. Moreover, the biologically related character of homosexual orientation makes homosexual expression “natural.”

4.  Scripture: While a small number of passages in Scripture appear to oppose homosexual practice, these passages do not oppose caring homosexual relationships between homosexual oriented persons. Moreover, Scripture’s focus on the command to love and its special concern for the oppressed leave room for loving homosexual unions. Changes in the Bible’s views on slavery, woman’s roles, and divorce and remarriage gives hermeneutical license for developing a new perspective on homosexual practice.  

Gevolglik is die verskil tussen die twee kante nie net twee verskillende vertrekpunte, die Skrif vir die een en ondervinding vir die ander nie, maar elke kant aanvaar ook ‘n reeks argumente wat in ‘n omgekeerde orde van belangrikheid van mekaar is.6 Dit laat ‘n vraag oor die gesag van die Skrif ontstaan.

In die gereformeerde tradisie is die Skrif die hoogste gesag, en alhoewel beide kante daarop aanspraak maak dat die Skrif die hoogste gesag is, kom Gagnon, na sy bespreking en genoemde voorbeelde, tot die slotsom:7

What these anecdotes illustrates is that the mainline denominations that move to support committed homosexual unions will ultimately have to give up any pretense in their official statements to treating the Scripture as the highest authority in matters of faith and practice. The highest authority will now be whatever is “existentially engaging and compelling” to the individual interpreter, in other words, one’s own subjective experience.

Die Skrif is duidelik dat God die mens biologies manlik en vroulik, komplementêr tot mekaar geskape het en vir heteroseksualiteit ontwerp het.8 Biologiese geslagtelikheid is medies verifieerbaar en die mens se liggaamlike ontwerp is ’n aanduiding van wie hy is. Dit is dus ook ‘n aanduiding van wat “normaal” is. King definieer “normal” as dit wat volgens sy ontwerp funksioneer.9

Met die Skrif egter op die agtergrond, subjektiewe ondervinding as vertrekpunt en disoriëntasie as maatstaf, beweeg ons in ’n doolhof van verwarring in, waar alles gedekonstrueer kan word.10 Die bril waardeur ’n persoon kyk, wat homself met sy selfdegeslag-aangetrokkenheid identifiseer, is ’n ongegronde voorveronderstelling wat sê: “Ek is so gebore en kan nie verander nie. Dit is wie ek is.”  Vir ’n persoon om op dié  punt te kon kom, moes hy alreeds alle hoop opgegee het om sy ongewenste gevoelens en begeertes te verander en sy heteroseksuele potensiaal te ontwikkel. Hy moes sy vroeëre wens om ’n konvensionele huwelik en familie te hê, laat vaar het. Hy moes dus deur ’n rouproses gaan oor die verlies van dit wat hy begeer het. Dit is dan ook hierdie rouproses oor sy drome en begeertes wat dit vir hom onmoontlik maak om te glo dat enigiemand anders kan verander.11

Dit is tydig om onsself daaraan te herinner: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” (Jer. 17:9). Psigiater Dan Siegel bring perspektief op die onderwerp as hy skryf:12

Objectivity permits us to have a thought or feeling and not become swept away by it. It recruits the ability of the mind to be aware that its present activities – our thoughts, feelings, memories, beliefs, and intentions – are temporary and, moreover, that they are not the totality of who we are. They are not our identity.

Dit noodsaak ‘n kort bespreking oor oriëntasie. In die homoseksuele debat word oor oriëntasie gepraat asof dit ’n netjies-afgebakende fenomeen is wat mense in ’n onbetwisbare kategorie plaas. Ons sal spoedig sien dat dit vêr van waar is en dat ‘n persoon se subjektiewe belewenis ’n gevaarlike-wasige grys gebied is as vertrekpunt vir Christelike etiek. Wat onthou moet word, is dat daar nie net een wêreldbeeld oor oriëntasie bestaan nie. ’n Mens se wêreldbeeld beïnvloed sy optredes en gevolglike uitkomste.13

’n Persoon kan homself letterlik met enige erotiese aangetrokkenheid – denkbaar en ondenkbaar - identifiseer. Daar bestaan geen DNA of mediese toets wat ’n persoon se oriëntasie of geslagsidentiteit kan vasstel nie. Oriëntasie is ’n sosiale konstruk. Dit is ’n persoon se eie self-verklaring van sy subjektiewe belewenis van erotiese aangetrokkenheid tot ’n ander persoon. Hiervolgens klassifiseer en identifiseer hy homself.

Baie mense het al die vraag gevra: “Word ’n persoon met heteroseksuele aangetrokkenheid heteroseksueel gebore?” Die antwoord is nee, ’n persoon word nie heteroseksueel gebore nie.14 ’n Volgende vraag is: “Word ’n persoon met homoseksuele aangetrokkenheid so gebore?” Weereens is die antwoord nee.15

Dit lei tot die volgende vraag, naamlik of daar buiten heteroseksuele aangetrokkenheid, bi-seksuele aangetrokkenheid en homoseksuele aangetrokkenheid ook nog ander moontlike kategorieë voorkom? Die antwoord is ja. Navorsing toon dat die volgende twee kategorieë hierby gevoeg moet word, nl. “hoofsaaklik heteroseksueel” en “hoofsaaklik homoseksueel.”16 Pan-seksualiteit17 is ook ’n oriëntasie wat al hoe meer van gehoor word asook aseksualiteit.18 Sommige persone is onseker oor hulle oriëntasie en staan bekend as “Questioning.” Ook is daar die verskynsel van transseksuele persone. Voormalige Homoseksuele, ’n term wat meer beteken as wat die woord sê,19 is ’n ander oriëntasie waarvan kennis geneem moet word.

Navorsing dui daarop dat oriëntasie vloeibaar is en persone van oriëntasie kan en ook wel verander20 (ek is ’n lewende getuie daarvan2). Dit is duidelik dat oriëntasie glad nie staties is nie en kom voor op ’n kontinuum wat enigiets kan wees tussen die twee uiterstes, eksklusief-homoseksueel aan die een kant en eksklusief-heteroseksueel aan die ander volgens die Kinsey Skaal.21 Voorgestelde faktore wat ’n persoon se oriëntasie bepaal, is identiteit, aangetrokkenheid, fantasieë en gedrag.22 Daar word op gewys dat seksuele oriëntasie beide die werklike seksuele ondervindings (bv. gedrag, aangetrokkenheid en fantasieë) en wat ’n persoon oor daardie ondervindinge glo, insluit. ’n Ondersoek dui daarop dat in ’n omgewing waar homoseksualiteit meer aanvaarbaar is, heteroseksuele persone makliker neig om te identifiseer met homoseksualiteit.23 Oriëntasie is dus meer vloeibaar as wat pro-gay ondersteuners gewillig is om te erken.

Onder terapeute24 en seksuoloë is dit bekend dat daar onder die hoof-kategorieë hierbo genoem, ook sub-kategorieë voorkom. Dit beteken dat persone eroties aangetrokke is tot ’n variasie van moontlike ouderdomsgroepe en geslag. Hieronder is infantofiele (onder die ouderdom van 5 jaar), pedofiele (onder die ouderdom van 11 jaar), hebefiele (11 tot 14 jaar), ephebefile (15 tot 19 jaar), pedohebefiele (beide onder 11 en 11 tot14), teleiofiele (volwasse persone) en gerontofiele (aangetrokke tot persone 50 jaar en ouer). Daar is ook adolessente wat eroties aangetrokke is tot persone ouer as hulleself (hierdie groep blyk nog nie ’n klassifikasie te hê nie, en kenners wys daarop dat bv. ’n 15 jarige wat aangetrokke is tot ’n 30 jarige nie ’n gerontofiel is nie).25 Asof dit nie genoeg is nie, is ‘n persoon óf eksklusief tot ’n ouderdomsgroep en geslag aangetrokke, óf hy het nie ’n eksklusiewe voorkeur nie en mag enige van die moontlike kombinasies beleef.26 In die afwesigheid van sy hoof-voorkeurgroep, neig die mens om tot ander groepe aangetrokke te wees.27

Dan is daar nog die persone wat eroties aangetrokke is tot familielede (bloedskande) – neem in ag dat alles wat in die vorige paragraaf bespreek is, hier van toepassing is -  en dié wat aangetrokke is tot diere (bestialiteit) met al die variasies wat daar voorkom. Voeg nog hierby al die parafilie en fetishe wat individue in voorafgaande oriëntasies mag beleef.

Die voorafgaande subjektiewe belewenismoontlikhede laat onder andere Situasie Etiek verdag. ’n Mens wonder onwillekeurig wie in gedagte is wanneer daar in die kerklike debat na homoseksuele verwys word en waarom die spesifieke groep uitgesonder word. Nog meer so as mens die promiskue aard van gay verhoudings in ag neem.28

Seksualiteit het voorts met moraliteit te doen en subjektiewe ondervinding hou nie rekening met die mens as ‘n morele wese nie. Studies bring aan die lig dat die mens met ‘n morele kern gebore word29 en dat die middel-prefrontale korteks van die brein betrokke is by die fasilitering van moraliteit.30 Dit herinner ’n mens aan Gen. 3:22 “Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken,”  en Rom. 2:14 “Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie.” Hierdie bevindinge maan ons tot versigtigheid. Gereeld word die kerk en Christene beskuldig dat hulle die oorsaak is dat gay mense verwerp, depressief, en so meer voel, weens die sogenaamde liefdeloosheid wat daar in die kerk teenoor gays heers. ‘n Mens moet nie hierdeur mislei word nie. Dikwels is dit die persoon se eie gewete wat hom aankla en word daar dan na ’n sondebok gesoek.

Seksualiteit word dus ook ’n teologiese aangeleentheid, en subjektiewe ondervinding bring nie die sondeval en hoe die eerste Adam se sonde die hele mensdom affekteer, in berekening nie (Rom. 5:12). Dit verontagsaam ook die verslawende aard van sonde.31 Dit ondermyn en verloën die krag van die Evangelie en die verlossingswerk van Christus. Vir ’n insiggewende bespreking van hierdie baie belangrike teologiese onderwerp, bestudeer gerus Gagnon se artikel “Scriptural perspective on Homosexuality and Sexual Identity.”32

‘n Laaste woord handel oor die gebruik van wetenskap. Dit is merkwaardig dat sekulêre wetenskaplike nagevorsde benaderings soos dié van, onder andere, neropsigiater en navorser Dr. Jeffrey Schwartz, die Bybelse konsep (bv. Rom. 5 tot 8) steun en benadruk dat die mens se identiteit nie sy brein, sy biologie, ’n siekte of psigiatriese ongesteldheid is nie.33 Hy maak ook hierdie baie belangrike stelling:34

I think it’s fair to say that any reasonable person would know that the science that works so well in explaining the material world does not work nearly so well in the realm of explaining how human beings act, and what human beings are, and what it means to be a person, a human – a living, breathing, and even to use the word spiritual, human being in the real world.

Psigiater Jeffrey Satinover maak ’n bydraende opmerking tot die onderwerp:35

Science... can say nothing about morality. For morals have to do with how things should be, whereas science can at best only tell us how things are. Furthermore, once we begin to consider how things should be, we find ourselves in the domain of religion. Notwithstanding the fuzzy modern impression that morality can be contrived apart from transcendent absolutes, religion is the originator of all morality. As Fyodor Dostoyevsky observes, ‘Without God, all things are permissible.’

Ten slotte is die manne en vroue hierbo bespreek, u en ek en elke ander mens op die aarde. Hulle sit Sondae in die kerk en skuur skouers met mekaar in die alledaagse samelewing. Hierdie mense moet ’n etiek hê waarvolgens hulle met mekaar in dié samelewing omgaan, en moet weet wat normaal is, sodat hulle hul gedrag daarteen kan meet. Waar anders kan dit vandaan kom as van hulle Ontwerper en Skepper. Sy Handleiding, die Skrif, is baie duidelik. Daarvolgens is homoseks in alle vorme en enige ander seksuele gedrag buite die huwelik, sonde. Die huwelik is ’n verhouding tussen een man en een vrou waarin die teenoorgestelde geslagte mekaar komplementeer. Dit maak die vraag rondom selfdegeslagverhoudings irrelevant aangesien die huwelik nie geherdefinieer kan word nie. ‘n Selfdegeslagverhouding sal dus nooit in God se oë die status van ’n huwelik kan hê nie. Die twee partye sal in ’n sondige verhouding leef, waar die gesegde geld: “if you call a rose by any other name, it will still remain a rose.”

Groete In Hom

André Bekker
Advocating for the Constitutional Rights of Former Homosexuals
Ministering to People with Unwanted Same-sex Attraction, Families and Loved Ones


Verwysings
1 Kurtz, Stanley, “Beyond Gay Marriage,” The Weekly Standard, August 4 - August 11, 2003, Vol. 8, No. 45.
3 Hubbert, T. K., Homosexuality in Greece and Rome: A sourcebook of Basic Documents (Los Angelis:University of California Press, 2003:2).
4 Gagnon, R. A. J., Why the disagreement over the Biblical witness on Homosexual Practice, p 1.  Afgelaai op 2015-02-08 http://www.robgagnon.net/articles/ReformedReviewArticleWhyTheDisagreement.pdf.
5 Ibid. p.19-21
6 Ibid. p.22
7 Ibid. p.25
8 De Young, J. B., Homosexuality: Contemporary Claims Examined in Light of te Bible and Other Ancient Literature and Law (Grand Rapits:Kregel Publication, 2000:31-32, 278, 296, 328); Gagnon, R. A. J., The Bible and Homosexual Practice: Text and Hermeneutics (United States of America:Abington Press, 2001:193-194); Gagnon, R. A., J., The Bible’s Surprisingly Consistent Message on a Male-Female Requirement for Marriage, 2011. Afgelaai op 2015-02-15
9 King, C. (1945). "The meaning of normal," Yale Journal of Biology and Medicine, 18, 493-501.
10 Nicolosi, J., Should Human Nature “Function According to its Design”?  Afgelaai op 2015-02-19 http://josephnicolosi.com/should-human-nature function/.
11 Nicolosi, J., Should Human Nature “Function According to its Design?” Afgelaai op 2015-02-08 http://josephnicolosi.com/should-human-nature function/
12 Hierdie inskrywing is op sy Facebook page op 22 October 2013 gemaak.
13 Nicolosi, J., Gay as Self-Reinvention http://josephnicolosi.com/gay-as-self-reinvention/.
15 Dokumentêr: Understanding Same-sex Attraction https://www.youtube.com/watch?v=jJhyzqdzpnM. Wetenskap en Geloof http://faithandscience.ag.org/videos/davis/, Journal of Human Sexuality http://www.narth.com/#!cv/cdy2, Former Homosexuals do Exist in South Africa http://www.learntolove.co.za/index.php/advocasy-and-same-sex-attraction/former-homosexuals-do-exist-in-south-africa. NARTH  http://www.narth.com/; Whitehead, N., Whitehead, B., My Gene Made Me Do It: Homosexuality and the Scientific Evidence (Aanlyn uitgawe Oktober 2013, Hoofstuk 1 tot 11). Afgelaai op 2015-02-09 http://mygenes.co.nz/download.htm . Jordan-Young, R. M., Brain Storm: The Flaws in The Science of Sex Differences (Cambridge:Harvard University Press, 2010).
16 Vrangalova, Z., & Savin-Williams, R. C. (2012). Mostly heterosexual and mostly gay/lesbian: Evidence for new sexual orientation identities. Archives of Sexual Behavior, 41, 85-101. En Savin-Williams, R. C. & Vrangalova, Z. (2013). Mostly heterosexual as a distinct sexual orientation group: A systematic review of the empirical evidence. Developmental Review, 33, 58-88.
17 Pansexuality: One who can love sexuality in many forms. Like bisexuality, but even more fluid, a pansexual person can love not only the traditional male and female genders, but also transgendered, androgynous, and gender fluid people. http://www.urbandictionary.com/define.php?term=pansexuality.
19  Voormalig Homoseksueel/Former Homosexual is ’n ander term vir Ex-gay. Ex-gay is ’n kulturele term wat ook offisieel erken word deur die National Lesbian and Gay Journalist Association http://www.nlgja.org/resources/stylebook. Vir die Ex-gay beweging beteken Ex-gay: “Some Ex-gays have previously identified as gay but many never done so. They do not believe that homosexuality is innate and believe change is possible. Many have experienced complete sexual orientation change, while some still have unwanted same-sex attractions and choose to live lives of chastity.”  Omdat oriëntasie ’n self-identifikasie is, gee die definisie in woorde die Ex-gay se identifikasie.  Dit is belangrik om kennis te neem dat ’n Ex-gay nie nou ’n heteroseksuele identifikasie het nie, ’n fout wat mense oor die algemeen maak. In “Former Homosexuals do Exist in South Africa” maak ek die volgende opmerking: “Former homosexuals are not tolerated and discriminated against because they are now heterosexual. No! They are not tolerated and discriminated against because they are former homosexuals, proving that changing sexual orientation is possible. They are in a unique situation and need equal protection.”
20 Hier is 'n skakel na 120 video getuienisse van Ex-gays: http://www.gcmwatch.com/10615/80-exhomosexual-video-testimonies. Former Homosexuals do Exist in South Africa: http://www.learntolove.co.za/index.php/advocasy-and-same-sex-attraction/former-homosexuals-do-exist-in-south-africa;  Whitehead, N., Whitehead, B., My Gene Made Me Do It: Homosexuality and the Scientific Evidence (Aanlyn uitgawe Oktober 2013, Hoofstuk 12). Afgelaai op 2015-02-09 http://mygenes.co.nz/download.htm.
22 Vrangalova, Z., & Savin-Williams, R. C. (2010). Correlates of same-sex sexuality in heterosexually-identified young adults. Journal of Sex Research, 47, 92-102.
23 Preciado, M. A., Johnson, K. L., Peplau, L. A. (2013). The impact of cues of stigma and support on self-perceived sexual orientation among heterosexually identified men and women. Journal of Experimental Social Psychology, 49(3), Issue 3, 477–485.
24 Cohen, R., Gay Children Straight Parents: A Plan for Family Healing (United States of America:InterVasity Press, 2007, p. 112-113). Sien ook Nicolosi, J,. What About the Masculine Type of Homosexual Man? http://josephnicolosi.com/what-about-the-masculine-type/
25 E-pos korrespondensie tussen my en Dr. Blanchard op 30 Januarie 2015.
26  Vir die paragraaf se inligting verwys ek die leser na onder andere die volgende navorsingstukke: Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all. (2012).  Sexual Attraction to Others: A Comparison of Two Models of Alloerotic Responding in Men.  Archives of Sexual Behaviour, 41, 13–29. Sien ook: Lykins, A. D., Cantor, J. M., Kuban, M. E., ed. all. (2010).  Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment 22(3), 279–289.  Sien ook: Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all.,  Absolute Versus Relative Ascertainment of Pedophilia in Men, Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment, 21(4), 431–441.  Blanchard, R. Lykins, A. D., Wherrett, D., et. all. 2009, Pedophilia, Hebephilia, and the DSM-V, Archives of Sexual Behaviour 38:335–350; Blanchard, R., 2010, The DSM Diagnostic Criteria for Pedophilia, Archives of Sexual Behaviour 39:304–316; Hames, R., Blanchard, R., 2012, Archives of Sexual Behaviour 41:745–747; Blanchard, R., A, 2013, Dissenting Opinion on DSM-5 Pedophilic Disorder, Archives of Sexual Behaviour 42:675–678; Blanchard, R., 2010, The Fertility of Hebephiles and the Adaptationist Argument against Including Hebephilia in DSM-5, Archives of Sexual Behavior 39(4): 817-818.
27 Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all. (2012).  Sexual Attraction to Others: A Comparison of Two Models of Alloerotic Responding in Men.  Archives of Sexual Behaviour, 41, 13–29. Sien ook: Lykins, A. D., Cantor, J. M., Kuban, M. E., ed. all. (2010).  Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment 22(3), 279–289.  Sien ook: Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all.,  Absolute Versus Relative Ascertainment of Pedophilia in Men, Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment, 21(4), 431–441.
28 Nicolosi, J., An Open Secret: The Truth About Gay Male Couples. http://josephnicolosi.com/an-open-secret-the-truth-about/
29 Bloom, P., Just Babies: The Origins of Good and Evil (New York:Crown Publishers, 2013); Wilson, J. Q., The Moral Sense (New York:Simon and Schuster, 1997); Siegel, D. J., Mind Sight: The New Science of Personal Transformation (New York:Random House, Inc, 2010, p.9, 21, 26, 29, 87, 170, 258-59, 269). Smith, A., The Theory of Moral Sentiments, (Brazil:Metalibri, sesde uitgawe 2005, oorspronklike teks 1790).
30 Siegel, D. J., The Mindful Brain (New York:Norton and Company, 2007,44,321-24); Verplaetse, J., De Schrijver, J., Vanneste, S., Braeckmen, J., The Moral Brain: Essays on the Evolutionary an Neuroscientific Aspects of Morality, (Heidelberg:Springer, 2009).
31 2 Pet. 2:19 “...waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword;” McCormick, P. Sin as Addiction (New York:Paulist Press, 1989); Satinover, J. Homosexuality and the Politics of truth (Michigan:Bakers Books, p. 130-167).
32 Gagnon R. A. J.(2005), Scriptural perspective on Homosexuality and Sexual Identity. Journal of Psychology and Christianity, 24(4), 293-303. Afgelaai op 2015-02-09 http://www.robgagnon.net/articles/ScripturalPerspectives.pdf.
33 Schwartz M.J., You are not your Brain (New York:Penguin Group, 2011:23-29); Schwartz, M. J., Brain Lock (New York: Harper Colins Publishers, 1996); Schwartz, M. J.; The Mind and the brain: Neuroplasticity and the Power of Mental Force (New York:Harper Perrenial, 2002); Schwartz, M. J. Dear Patrick (New York:Regan Books, 1998).
34 29 July 20114, An interview with research psychiatrist and author, Dr. Jeffrey Schwartz examines the mismatch between science-as-we-know-it and human experience. http://www.skeptiko.com/250-dr-jeffrey-schwartz-sciences-inability-to-explain-personhood/; Sien ook Satinover, J. Homosexuality and the Politics of truth (Michigan:Bakers Books, p.25, 121-129, 164-167, 218-220).

35 Satinover, J. Homosexuality and the Politics of truth (Michigan:Bakers Books, p. 121).

VERTROUE OP DIE WOORD

- SLUIT ‘N NUWE TOEKOMS OOP!

Die hele nag het hulle hard gewerk, maar nie een enkele vis gevang nie! ‘n Algehele mislukking. Onthou net Petrus en sy makkers was nie hengelaars wat vir ontspanning vis gevang het nie, dit was hulle brood en botter, hulle hele bestaan het van die sukses van hulle vangste afgehang. Petrus moes dus baie mismoedig gewees het,... maar toe maak hy ‘n keuse, ‘n keuse om Jesus op sy woord te vat. ‘n Keuse om Jesus se woord te glo al maak dit nie sin nie en al druis dit teen sy logika in... en toe verander als. Dit lei nie net tot ‘n wondervangs nie, maar ook tot ‘n wonderlike toekoms!

GOD PRAAT

God praat met mense. Hy hou Hom nie maar net stil eenkant en onbetrokke nie. Hy maak bemoeienis met mense. Hoe? Hy doen dit deur sy Woord. Sy beloftes. Wanneer ons God se Woord glo, gebeur daar heerlike en kragtige dinge. Die krag van God se Woord word besonderlik bewys in hierdie gebeurtenis. Die belangrikheid van God se woord en beloftes is ‘n deurlopende tema in hierdie verhaal wat ons vind in LUKAS 5:1-11. Reg aan die begin hoor ons dat die skare vorentoe beur om God se Woord te hoor. (1) Ja, Jesus bring die Woord aan almal wat maar wil luister. Maar dan kom God se Woord baie persoonlik na Petrus. (4) Hy kry ‘n duidelike bevel : “Vaar uit na die diep water...” Dit het nie vir Petrus na ‘n logiese opdrag gelyk nie. Hy was ‘n visser van beroep, hy het die water geken, hy het geweet daar’s niks... Jesus was nie ‘n visserman nie, hy het in ‘n timmermans besigheid grootgeword. 

Maar Petrus neem ‘n geloofsbesluit - "Meneer," antwoord Simon, "ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets te vang, maar op u woord sal ek die nette uitgooi." (5) – met ander woorde - “Ek sal gehoorsaam en vertrou al maak dit nie vir my sin nie! Net omdat U so gesê het sal ek dit doen! Dit klink nie vir my reg nie, dit lyk nie vir my reg nie, dit voel nie vir my reg nie, maar net omdat U so gesê het sal ek dit doen.”

Dis op hierdie punt (in ‘n sekere sin) waar Christenskap begin. Dis die draaipunt. Wanneer ek ‘n keuse maak om God op sy Woord te vat, maak nie saak wat die feite, vrese en omstandighede is nie. Ek moet doelbewus reageer op God se beloftes. As Petrus Jesus se opdrag gehoor het, maar vol verduidelikings, verskonings en ekskuse gebly het, sou hy ‘n wonderwerk gemis het.

Die wonderwerk wat Petrus beleef het was natuurlik baie meer as net ‘n groot vangs van visse. [God het 'n baie groter plan vir Petrus gehad as bloot materiële welvaart. Kyk, as Petrus hulle elke dag met elke vangs hulle skuite kon volmaak, sou hulle lekker kon leef en dalk luukse villas daar langs die see kon bou... maar nee, Jesus was besig om Homself aan Petrus te openbaar en hom vir 'n nuwe toekoms voor te berei, wat alles behalwe rykdom en gerief sou behels...] Daar gebeur ‘n groter wonder in Petrus hart as in die skuit. “Toe Simon Petrus dit sien, val hy voor Jesus se knieë neer en sê: "Gaan weg van my af, Here, want ek is ‘n sondige mens." (8) Hy besef sy eie sonde. Hy kom onder sonde oortuiging. Die belofte van Esegiël 36:31 word waar in sy lewe.* (Dis inderdaad ‘n groot wonderwerk en teken van God se genade as mens jou ware sonde toestand voor die Here besef, want van nature is ons mos baie oulik en goed in ons eie oë!) Petrus word bang toe hy sy sonde besef... Soos die profeet Jesaja in Jesaja 6...

Maar weer kom die Woord na Petrus (soos destyds ook na Jesaja). “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” (10) Dis ‘n kosbare woord van uitnodiging, liefde, vergifnis, hoop en 'n nuwe toekoms van bruikbaarheid in God se diens. En wat maak Petrus? Hy kies weer om Jesus se woorde te glo en maak so ‘n keuse om Jesus te volg. 

Belofte. Geloof. Bekering.

God se Woord, God se Beloftes kom na jou toe. Sy beloftes van vergifnis, van kindskap, van die ewige lewe...

Wanneer ek hierdie beloftes glo en daarop reageer, kry ek vergifnis en sluit dit ‘n nuwe lewe en toekoms vir my oop. Ek moet hierdie beloftes glo ongeag my toestand van mislukking en sonde. Ja, dis waar ek het al hoeveel keer misluk, ja dis waar my sonde is baie se groot. Ja dis waar ek voel moedeloos en bang. Maar onthou, God se beloftes bly waar in alle omstandighede. God se beloftes tel meer as my gevoelens en die sigbare feite (Dink aan Abram se keuse om God se belofte te glo oor ‘n nageslag al was hy en Sara oud en oor die muur!).

Geliefde, hoor weer opnuut die beloftes van God... Wat gaan jy daarmee maak? Jy het vandag dit gehoor en jy het dit al baie keer gehoor, het jy gereageer?

Maak soos Petrus, kies om Jesus se Woorde te glo. Maak nie saak wat my sonde is nie, maak nie saak hoe baie my mislukkings is nie, maak nie saak wat ander mense gaan dink nie, maak nie saak wat die duiwel vir my fluister nie... “op U woord sal ek...” Onthou, as als misluk het, as als verkeerd gegaan het, as als donker lyk, dan is God se Woord, God se beloftes daar vir ons... En God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie...

GOD SE BELOFTES IS GROTER AS ONS MISLUKKINGS! 

* Dis deel van die uitwerking van die beloofde Nuwe Verbond - “Dan sal julle terugdink aan julle bose optrede en julle gedrag wat nie goed was nie, en julle sal ‘n afsku hê van julleself oor julle sonde en julle afskuwelike dade.”





Sondag, 22 Februarie 2015

DROOGTE

- die mees gevreesde woord in die land waar ek woon.

Jy wil dit nie weet nie, maar tog weet jy dit kom, want die westewind (“Bankrotwind”) waai aanhoudend, die satelietfoto’s wys al die wolke is bymekaar in die Mosambiek kanaal en oor Madagaskar... Die kere wat daar wel reën val is dit plek-plek en kol-kol. Enkele gelukkiges praat van ‘n lekker bui terwyl die ander met onrus (en seker ook maar ‘n tikkie jaloesie) luister. Ja, dis droog en selfs die swarthake se blare word hier in Februarie al geel...

Watter invloed het droogtes op mense, wat is die oorsaak van droogtes en hoe moet ons, spesifiek as Christene dit hanteer?

Reg aan die begin moet ons sê dat die belewenis van droogte nie iets is waarteen God se geseëndes vrywaar nie. Gelowiges gaan ook deur die pyn van droogte! Kort nadat God Abram geroep en geseën het, kom hy voor ‘n hongersnood te staan in die einste beloofde land. Droogte in die beloofde land! Dus moes die aartsvader noodgedwonge na Egipte trek... (Genesis 12:10) As God droogte stuur in Kanaän om Agab se booshede te straf, ly Elia en die seweduisend wat nie voor Baal gebuig het nie ook daaronder.

HOE VERWERK ONS DIT?

Hoe verwerk mense (ook Christene) die bitter omstandighede van ‘n verwoestende en uitmergelende droogte? Die hantering van ‘n droogte herinner baie aan die manier hoe mense ander slegte nuus soos byvoorbeeld die nuus oor ‘n terminale siekte verwerk. Daar word deur ‘n reeks fases geworstel. 

Die eerste fase in droogte verwerking is gewoonlik ontkenning.* As die reën laat kom, dan veg ons (veral die optimiste) teen die gedagte van ‘n moontlike droogte... “Nee, wat dis nog nie so erg nie, ons goeie reën begin in elk geval eers in die helfte van Januarie. Julle moet net positief wees manne!” As Januarie reënloos en snikkend warm verbygaan... “Daar’s nog hoop, Februarie is mos die eintlike reënmaand.” Aan die einde van Februarie** wanneer die hemel steeds wolkloos gebly het en slegs hier en daar ‘n verdwaalde los bui geval het, hoor jy : “Vorige jare het ons al baie goeie reën in Maart gekry...” Later : “ Onthou julle daardie een jaar toe dit so vreeslik in April gereën het?” Dikwels is daar ook humor as ‘n manier van ontkenning en verwerking : “Ja, by my het 60 geval... sestig druppels. Ek het 50mm gekry, die druppels was 50mm van mekaar af. Lyk my as ek hierdie jaar kommandowurms gaan kry sal ek vir hulle veld moet huur.” Daar is ook diegene wat probeer troos, perspektief en hoop skep. “Onthou ons het darem verlede jaar buitengewone goeie reën gehad, dit kan darem nou ook nie elke jaar so goed reën nie. Ek het gister die bloukop teen ‘n paal sien sit, dit wys die reën is naby, die miere raak die afgelope tyd baie bedrywig...” Gaandeweg sak die bitter wete egter dieper in, hierdie jaar gaan die algemene reën nie kom nie...

Soos die dorre werklikheid meer sigbaar en voelbaar word ontwikkel daar woede, wanhoop en depressie. Soos die hitte meer word en die seisoen reënloos aanstap begin daar opstand en verwyt groei in die harte. Ook teen God! “Here wat help my gebede? Gee U dan nie om nie? Sien U nie die lyding van mens en dier nie...” By sommige gaan die woede gou oor in depressie... “Dit help nie om te boer nie. Elke paar jaar verloor mens maar weer alles...”

Onderhandeling en dalk angs. Hieroor word nie baie gepraat nie. “Here, ek sal hierdie jaar twee beeste vir die basaar gee, as ek maar net soveel of soveel reën kan kry. Party ouens het ‘n langtermyn “kontrak” met die Here. “Vir elke 10mm gee ek soveel vir U....” Daar word rondgerol in laaang slapelose warm nagte... “Hoe gaan die kinders se skoolgeld betaal word, die voerrekening raak nou roekeloos hoog, die beespryse is nou so sleg, dit help nie om te verkoop nie...”

Uiteindelik as daar genoeg gespartel is kom daar wel by die meeste ‘n gelate aanvaarding en berusting. As die oes klaar misluk het, die groeityd van die gras verby is, dan weet ons ons moet hier deur kom en ons sal ook, volgende jaar is daar weer ‘n reënseisoen. Dis nie die eerste droogte nie en seker ook nie die laaste nie. Nou moet ons maar plan maak vir oorlewing. Vee verminder, weiding gaan soek, kyk na ‘n ander bron van inkomste... Uiteindelik vind God se kinders rus by Hom en sy beloftes. Na alles getuig sy kinders aan die einde van ‘n droogte dat Hy wel voorsien het en op een of ander manier uitkoms gebring het... 

En tog bly daar ook maar vrae spook, soos wie se skuld is die droogte, waar kom dit vandaan, hoekom moet sulke slegte dinge gebeur?

Soos die meeste ander rampe dink ek kan mens rofweg drie verklarings van oorsprong vir ‘n droogte gee. 

Droogte is ‘n natuurlike verskynsel. Daar is van menseheugenis af, droë en nat jare. Droë siklusse en nat siklusse. Dis ‘n werklikheid waarmee saamgeleef moet word. Dis deel van ‘n vervloekte aarde, deel van die harde geswoeg in die sweet van ons aanskyn... Dis iets waarteen die mens grootliks magteloos staan... 

Ongetwyfeld is daar ook mensgemaakte droogtes. ‘n Lat wat mense deur onoordeelkundige gebruik van grond en hulpbronne vir hulleself gepluk het. Dikwels is die dryfveer gierigheid, maar soms ook blote onkunde en swak bestuur. Oorbeweiding of die omploeg van grond wat nooit geskik was vir akkerbou nie. Of dalk die jare lange oorbenutting van waterbronne... In sommige lande is dit oorlogstoestande en anargie wat agter die ellende sit maar dan word daar gepraat van droogte. Hoe dikwels kry die Here die skuld vir ‘n droogte as die ware oorsaak mense se swak besluitneming is? In sulke gevalle is die baie skerp waarneming van Spreuke 19:3 seker van toepassing : “Sy eie dwaasheid bring ‘n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here.”

Die gelowige hou egter ook rekening met God se rol. Ons besef inderdaad die realiteit van die vorige twee verklarings, maar ons sien ook God se hand agter alles. Die God wat ons aanbid is immers die Skepper en Onderhouer van sy skepping. Hy is ook die God wat ten nouste bemoeienis maak met die mens en als wat met ons as mense gebeur. Reg van die begin af moet ons sê dat God se rol in droogtes (en ander rampe) nooit ons verantwoordelikheid van ons wegneem om rekening te hou met reën siklusse nie. Nog minder vat dit ons verantwoordelikheid weg om al die hulpbronne tot ons beskikking met sorg en kundigheid te bestuur nie.

God gebruik en stuur inderdaad ook droogtes om sy doelwitte te bereik en ook dinge vir ons te sê. (selfs al sou ons ‘n natuurlike oorsaak kon aandui. Hy is immers die Een wat die natuur bestuur) Niemand wil dit seker graag hoor nie, maar dis duidelik dat Hy droogte kan gebruik as middel om sy mense te tugtig weens hulle sonde. Positief gestel, soos in die geval van alle goeie gawes is dit God wat reën gee! Hy is ten volle in beheer van die reën! Oor waar elke bui en elke druppel val! "Ek het die reën drie maande voor oestyd van julle af weggehou; Ek het laat reën oor een stad en oor ‘n ander die reën laat wegbly; die een stuk grond het goed reën gekry en die ander waar dit nie gereën het nie, het uitgedroog."  (Amos 4:7) Dit klink so bekend... Ja, ons moet oppas vir vinnige gevolgtrekkings en veralgemenings, maar droogte is inderdaad ‘n manier hoe God sy eie mense tot besinning bring en tot bekering oproep! Die profeet Elia moes selfs vir droogte bid (kan jy jou indink wat sou gebeur as ‘n predikant dit vandag sou waag...? ) Eers baie later moes hy vir reën bid, ook in direkte opdrag van God! Die mens en sy sondes is dus nie vry te spreek van ten minste sommige droogtes nie... Sal ons dit kan vat as die profeet van die Here vir ons sou moet sê? : “Dit is oor julle dat die hemel sy reën en die aarde sy opbrengs teruggehou het.” (Haggai 1:10) 

Ons moet baie versigtig wees om te bespiegel oor die oorsake al dan nie van droogtes. Ja, al kan ons dit wetenskaplik weerkundig verduidelik (El Nino, kweekhuis effek en baie ander faktore...), is God in die finale sin die bestuurder van sy skepping en het Hy die laaste sê oor waar en wanneer dit sal reën of nie. God gebruik als volgens sy voorsienigheid om sy raadsplanne tot uitvoering te bring!

Dis belangrik dat Christene verder sal vorder as maar net ‘n gelate aanvaarding van droogte... kom ons dink bietjie dieper...

DEUR ‘N DROOGTE MET GEJUIG!

DROOGTE is positief ‘n geleentheid vir :

Verootmoediging en gebed. God dwing ons as’t ware hiertoe, want ons vergeet Hom mos maar maklik in die goeie tye! Dis ‘n manier hoe God ons van sondes bewus maak en opnuut weer leer om Hom te behaag. Veral lê Hy dalk die vinger op ons sondes van selfgeregtigheid, hoogmoed en materialisme... Soos iemand gesê het : “Een plaas, een bees vir die kerk, twee plase, een bees, drie plase, een bees, vier....” Is ons bereid om ons van hierdie dinge te bekeer? Die uitdaging in Maleagi 3:10 laat ons dalk ongemaklik voel, maar dit staan in die Woord! “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.”

Groei en openbaring. Dis ‘n tyd wanneer ons getoets word, soos Abram. ‘n Tyd wanneer ons eie harte ontdek en weer moet terugkeer na ‘n besef van hoe afhanklik ons werklik van God is. Dis 'n tyd waarin ons gedwing word om ons plek weer te ken en te besef GOD IS GOD en ons is nietige mense! Dalk ook ‘n tyd wat ons ons selfsug aan die lig bring en ons weer gedwing word om mekaar te ondersteun en ‘n buurman in die oë te kyk. 

Lof en aanbidding. Dit klink dalk vreemd. Maar ons kry as Christene die opdrag om ALTYD bly te wees in die Here, ook in ‘n droogtejaar! “Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar," (1 Tessalonisense 5:16-18) Die gelowige is in staat tot iets meer as maar net gedweë aanvaarding! Dis die duidelike boodskap en uitdaging van Habakuk. “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie-- nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.” (Habakuk 3:17,18) 

Gaan deur die droogte met gejuig! Dit klink na malligheid vir almal, behalwe God se kinders! Ons dien ‘n bonatuurlike God wat sy kinders in staat stel tot menslik gesproke onmoontlike dinge!

Die kind van God gaan ‘n stappie verder, verder as net verduur en oorleef....

BID VIR REËN? JA, MAAR DIT GAAN OOR BAIE MEER... 

Ons lees in Sagaria 10:1 ‘n wonderlike belofte : “Vra vir die Here reën in die tyd wanneer die laat reëns moet kom. Hy maak die reënwolke en laat die stortreëns val, Hy gee vir die mense die groen plante in die veld.”

Wat wil hierdie teks vir ons sê? Kan ons as Christene die Here bid vir reën? Ja beslis, in die “Onse Vader” moedig Jesus ons aan om ons daaglikse behoeftes aan ons Hemelse Vader bekend te maak en op sy sorg te vertrou. Dit sluit beslis reën as ‘n baie basiese middel in. As God en sy koninkryk ons fokus en verwagting is kan ons alle fisiese en materiële behoeftes na ons Vader bring! Bid vir reën is egter ‘n groter saak as om vir ‘n kort rukkie ‘n spesiale biddag of geleentheid te hou... Dink maar aan Elia se worsteling... Is ons hart en siel in die saak, staan ons in ‘n verhouding met God, is daar egte toewyding of is als net “windowdressing”... is daar nog geloof onder ons? Vir Israel was verootmoediging, gebed, bekering en reën, sake wat saamgegaan het. Salomo se rede by die inwyding van die tempel is tog duidelik. "Wanneer die hemele toegesluit bly en daar nie reën is nie omdat hulle teen U sondig, en hulle bid na hierdie plek toe en bely u Naam terwyl hulle hulle van hulle sonde bekeer en vra dat U hulle gebed sal verhoor, luister tog uit die hemel en vergeef u dienaars en u volk Israel se sonde en gee reën op u land wat U aan u volk as besitting gegee het. So leer U hulle die goeie weg wat hulle moet bewandel.” (2 Kronieke 6:26,27)

Na alles kan en moet ons bely :

Ons Vader sorg vir sy kinders, ook binne in ‘n droogte!

As ons egter eerlik na die konteks van die belofte in Sagaria kyk, moet ons besef dat dit oor iets baie dieper gaan as oorvloedige reën, baie weiding en goeie oeste. Dit gaan hier oor die bemoediging van die moedelose bannelinge wat teruggekeer het na hulle land, maar met wie dit alles behalwe voorspoedig gegaan het. Hulle kry nou ‘n profetiese boodskap van die heerlike verlossing wat God vir sy volk sal bewerk. “Die Here hulle God sal daardie dag sy volk, sy kudde, red. Hulle sal in sy land vonkel soos die edelstene in ‘n kroon.” (Sagaria 9:16) Ons weet vanuit die Nuwe Testament dat dit gaan oor die verlossing wat Jesus bring, want Sagaria se profesie wys ten diepste op Jesus self. Net ‘n bietjie terug lees ons die bekende profesie wat sê : “Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.” (Sagaria 9:9) Ons weet mos wie Hy is... Dit gaan dus hier in Sagaria oor die omvattende verlossing en nuwe bedeling wat die Messias tot stand sal bring. Hierdie verlossing en heerlike bedeling word beskryf in terme wat vir ‘n landbouvolk in ‘n droë streek soos Israel sin maak, naamlik stortreëns en groen plante! Hierdie gebed in Sagaria gaan dus oor ‘n vertroue op God en ‘n gebed tot Hom dat Hy die nuwe bedeling waar sal maak. Dis ook waarvoor Christene in die eerste plek moet en sal bid. Die koms van die Koninkryk van God! (weer terug by die fokus van die “Onse Vader”, nê?)

Ja, ons mag bid vir reën en enige fisiese behoefte, maar dit moet altyd ‘n onderdeel wees van ons groot versugting vir die koms van die Koninkryk. Verlang ons werklik na die uitbreiding van God se heerskappy soos ons verlang na reën? Is ons net so desperaat en geskok oor die geestelike dorheid in die hart van die kerk as die droogte op ons velde? Is ons gebede, ook in hierdie tyd van droogte en nood nie baie keer uiters kortsigtig en deurspek met selfsug nie?

Die grootste gevaar in die tyd van droogte is dat ons op ons fisiese nood sal fokus en die ramp geestelike droogte as minder belangrik beskou! Droogte en hitte veroorsaak intense ongemak, maar ons geestelike nood is (onbewustelik) baie erger!

Mag God genadiglik vir ons uitkoms gee in ons geestelike en fisiese nood, soos wat Hy goed dink! Mag ons Hom nog loof vir fisiese en geestelike verkwikking en oorvloed!

Psalm 68:10 "U het oorvloedige reëns laat uitsak, o God, U het u verdorde land weer lewe gegee.” 

DROOGTE IS DEEL VAN GOD SE PAD MET ONS, GELUKKIG REËN EN SEËN OOK!



MY HARTSBEGEERTE IS DAT HY VIR ONS SPOEDIG UITKOMS SAL GEE...

*Dis bietjie anders as by die aanhoor van nuus oor ‘n terminale siekte. Dan is die eerste fase gewoonlik skok. Omdat droogte geleidelik ontvou is daar nie so ‘n skielike skok nie, maar die ander fases verloop min of meer dieselfde.

** Die totale reënval wat ek vir Februarie hier by die pastorie op Tsumeb gemeet het was minder as 'n skamele 6mm. Dis skrikwekkend droog! Verlede seisoen het ek 206mm vir Februarie gemeet.

Donderdag, 19 Februarie 2015

VERBYSTERENDE LIEFDE

-  meer as net sentimente praatjies.
Sê die begrip “GOD SE GROOT LIEFDE” nog iets vir jou?  Laat dit jou nog verwonderd en opgewonde? Of is dit dalk ‘n holrug geryde frase wat deur woordinflasie waardeloos gemaak is?
Lees biddend saam met my 1 Johannes 3:1-3 en kou bietjie daaraan... 


“Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.”

Sien ons die wonder in hierdie eerste sin? Johannes nooi ons om te kyk!  Sien raak, besef net...GOD SE GROOT LIEFDE! Hy wil graag dat ons die manifestasie van God se onbegryplike groot liefde aanskou.  Wat behels hierdie liefde dan? God maak van mense sy kinders. Die ewige onsterflike God maak van sterflike mense sy kinders. Meer wonderlik,  nie van goeie  mense nie, maar van rebelle. Die heilige God neem sondige mense aan as sy eie kinders.    (Vergelyk 1 Korintiërs 6 :9-11)  Daar is so baie konkrete  voorbeelde : God het van ‘n Petrus, ‘n Saggeus, die Samaritaanse vrou, Maria Magdalena, Paulus... sy kinders gemaak. Hoe kan ons dit verklaar? Net die liefde. Die verstommende oorweldigende liefde van God. ‘n Liefde wat nie kyk na prestasie of goeie eienskappe nie. Net suiwer kosbare onverdiende liefde! Kyk, kyk en waardeer... Probeer dit vir jouself indink... dink aan die arbeider wat jou die meeste probleme op die plaas of by die werk gegee het, wat jou goed gesteel het, wat jou al gevloek het... en dan neem jou hom wettig as jou eie kind aan... Dink aan elke wet van God wat ons oortree het en God vergewe jou en neem jou as sy eie kind aan...
“Kinders van God.” Dis nie maar net ‘n vroom wyse van spreke nie. Dis regtig - “en ons is dit ook”  God se kinders in die volle sin van die woord. Met als wat kindskap behels. Ons is voorwerpe van God se liefde versorging, aanvaarding, beskerming...  “Soos ‘n vader hom ontferm...” (Psalm 103:13) ‘n Kind is iets besonders!   ‘n Kind word heeltemal anders behandel as net ‘n kennis, maar selfs ook as ‘n beste vriend.  Ook Paulus skryf ook oor hierdie wonderlike voorreg om kind van God te wees. (Romeine 8:14-16)  Wat ‘n vreugde en versekering! Wat sou ek vrees as weet ek is persoonlik ‘n kind van die Almagtige Liefdevolle Vader?
Daar is ook  egter ‘n ander kant van kind wees van God. Die wêreld ken ons nie. Die wêreld verstaan niks van hierdie saak nie, die wêreld verwerp ons soos hulle Jesus verwerp.  Soos die wêreld Jesus met veragting behandel gaan hulle jou ook behandel as jy kind van God is... Toets jouself... Beleef ek hierdie teenstand, word ek uitgestoot, beskinder en bevraagteken?

“nou is ons kinders van God.” Nou reeds, ja, inderdaad!  Ons kan nou reeds seker wees hiervan.  “Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God."  (1 Johannes  5:12,13)


Ons het nou reeds hierdie heerlike status van “kinders van God”. Ons kan nou reeds in hierdie stukkende wêreld God as Vader beleef... As ‘n Vader vol van liefde...

Ons is nou reeds kinders van God, maar ons sien nog nie die volle uitwerking daarvan nie. Ons ken nie die volle toekoms wat God vir sy kinders in die oog het nie. Ons kan wel weet dat God die wonderlike werk van kindskap sal voltooi. Ons as kinders van God is nou nog onvolmaak weens sonde. Ons stry daarteen en ons bely dit. (1 Johannes 1:9) Dis ‘n voorreg van God se kinders om sonde te mag bely en weer opnuut Vaderlike vergifnis te kan beleef. Ja, as God se kinders moet ons  nie meer sondig nie, maar as dit gebeur (en Johannes weet duidelik dit is iets wat wel kan gebeur) dan hoef ons nie hoop te verloor nie, want Jesus tree vir ons in!   “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.”  (1 Johannes 2:1)
Eers by die wederkoms van Jesus sal ons heeltemal volmaak in gees en liggaam wees. Sonder sonde soos Jesus. Met ‘n verheerlikte liggaam soos Hy! (Filippense 3:21)

 DUIDELIKE TOETS!

Glo jy hierdie dinge? Is jy ‘n kind van God wat uitsien na die dag van volmaakte en volkome verlossing? Hier kry ons ‘n eenvoudige toets:  “Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.” (Vers 3) Dis eintlik net logies. Die hoop in jou hart word gereflekteer in jou alledaagse optrede. As jy weet oor ‘n uur gaan jy ‘n belangrike gas ontmoet, berei jy voor, maak skoon, kam jou hare... As jou geloof in Jesus ‘n werklikheid is en jy verwag sy nabye koms, sal jy sensitief wees vir sonde en geestelike slordigheid. Egte kinders van God, sien uit na die ontmoeting met Jesus en dit beïnvloed ons gedrag.
Verwag jy om Jesus binnekort te sien? Kom wees nou eerlik, as jy verwag en hoop om Hom self te sien, sal jy dan sorgeloos  aangaan met ‘n losbandige seksuele verhouding, met bitterheid en kwaaivriendskap in jou hart, sonder liefde vir God en mense? Daar’s nie ‘n manier nie...

Miskien sê jy : Dis als wonderlik, maar  wat van my, ek is onseker, kan ek ook ‘n kind van God word? En hoe kan ek ‘n kind van God word? Wel, ek wil jou net weer herinner aan die bekende Johannes 1:12,13.  “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.”  (OAV)

Twee belangrike perspektiewe kom na vore:

Dis ‘n uitnodiging en belofte – dit plaas op elkeen van ons ‘n verpligting om te reageer. Om ons vertroue doelbewus op Jesus te plaas. Dis ‘n keuse wat uitgeoefen moet word!

Dis ten diepste ook ‘n Goddelike ingryping en ‘n wonderwerk – dit gee aan ons die versekering dat dit hoegenaamd nie om ons eie afkoms of prestasie gaan nie.
 Kan jy God dank vir kindskap?


Die boodskap van God  se liefde (evangelie) is ook jare gelede deur my pa aan die ou Himba hoofman, Minimahore in Kaokoland gebring.