BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Donderdag 25 September 2025

Danie Botha het "misgevat"

 


Inderdaad! "Misgevat" is sy eie woorde! Ons moenie met klippe gooi nie, maar regtig Danie, as jy tog maar net erns met die Woord en die Kerkgeskiedenis wou maak, sou jy nie hierdie flater oorgekom het nie. 

As Danie tog maar net die Bybel in konteks wou lees sou hy uit die staanspoor nie 'n dwase voorspelling gemaak het nie, want die Bybel leer nie twee wederkomste nie. Dit waarvan 1 Tessalonisense 4 en ook 1 Korintiërs 15 praat wat (LW) by die "laaste basuin" gaan gebeur is die opstanding van die reeds gestorwe kinders van God, wat saam met die lewende Christene ons Here Jesus as Koning gaan verwelkom! Die sg. wegraping is 'n onlangse ontwikkeling.

Wie nou maar byvoorbeeld net erns wil maak met Jesus se eie lering in Markus 13, sal sien dat Jesus ons nooit aanmoedig om tye te bereken nie! Hy maan ons juis teen misleiers*, Hy roep ons op tot waaksaamheid en volharding!

Danie se tragiese misvatting wys ons net weer op die dwaasheid om menslike indrukke "Die Here het vir my gesê" en allerhande visioene bo die onfeilbare Woord van God te glo! Die geskiedenis wemel van vals visioene - dink maar aan Mohammed, Ellen White... tot nou weer in ons dag!


Kliek op IS DANIE BOTHA REG?

Jesus het hulle toe geantwoord: “Pasop dat niemand julle mislei nie. (Markus 13:5)