BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Donderdag 12 Maart 2015

MARTELARE OP DIE STRAND

- die Egiptiese Christene se getuienis leef voort.

Die tragiese dood van die jong Egiptiese Christen mans wat deur ISIS islamitiese rebelle langs die see in Libië keelaf gesny is, was nie tevergeefs nie. Die Egiptiese Bybelgenootskap het 'n publikasie met gepaste Bybelverse die lig laat sien in hulle reaksie op hierdie weersinwekkende gebeure. Op die voorblad is 'n aangrypende gedig gepubliseer.

Hier is die Engelse weergawe :

Two rows of men walked the shore
of the sea,
On a day when the world’s tears
would run free,
One a row of assassins, who
thought they did right,
The other of innocents, true sons
of the light,
One holding knives in hands held
high,
The other with hands empty,
defenseless and tied,
One row of slits to conceal glaringdead
eyes,
The other with living eyes raised
to the skies,
One row stood steady, pall-bearers
of death,
The other knelt ready, welcoming
heaven’s breath,
One row spewed wretched,
contemptible threats,
The other spread God-given peace
and rest.
A Question...
Who fears the other?
The row in orange, watching
paradise open?
Or the row in black, with minds
evil and broken?


Wat 'n ongelooflike voorbeeld van Christelike reaksie in die lig van uiterste provokasie!  Ons wapen is die evangelie van Jesus, maak nie saak hoe groot die haat en vyandskap teen ons is nie!


'n Jong werkster by die Bybelgenootskap van Egipte se kantore het vertel hoe dat sy bemoedig is deur dit wat gebeur het? Hoe dan so? Sy vertel :


https://gallery.mailchimp.com/017b6b7c5bf6d7468fcc6aedc/images/ae96f668-5717-4010-a17c-731b2909d5b8.jpghttps://gallery.mailchimp.com/017b6b7c5bf6d7468fcc6aedc/images/9d7d20e0-7a90-47f3-b00c-7e5c416485a5.jpg“I am encouraged” she said, “because now I know that what we have been taught in history books about Egyptian Christians being martyred for their faith is not just history but that there are Christians today who are brave enough to face death rather than deny their Lord! When I saw these young men praying as they were being prepared for execution and then many of them shouting “O Lord Jesus” as their throats were being slit, I realized that the Gospel message can still help us to hold on to the promises of God even when facing death!”

5 opmerkings:

  1. Dankie Johannes vir hierdie wonderlike getuienis. Ek is oortuig die barbaarse dade van die Dier gaan net meer eer bring aan die Lam. Maandag hier in Hamilton Ontario het ek 'n gesin besoek wat Assiriese Christene is wat so tien jaar terug na Kanada geimmigreer het. Die rede vir my bsoek? Twintig van hulle naaste familie is op 23 Feb deur ISIS uit hulle dorp i/d noorde van Sirie ontvoer! Bid asb. vir hierdie liewe mense. Ons glo dat hulle nog leef. Groete uit die Noordelike Halfrond. Christo

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie Christo. Dis 'n wonderlike kontak wat jy gemaak het.
      Ja soveel Christene ly en ons mense kla oor als...

      Vee uit
  2. Ek het van die videos gekyk en was verstom oor hoe hierdie mense dit sien om gemartel te word vir die Here se saak: hulle het feitlik jubelend vertel HOE geseënd hulle is, en watter voorreg dit is om dit te beleef.

    AntwoordVee uit
  3. Sorry I speak English. The ISIS group have been created by the United States and Israel. Please, people in these countries are good, but the ones that have the power are the evil ones. This is known as a false flag operation, to create chaos and war. All is about money and power.

    From Ica- Perú Guillermo Mesones

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Wild accusations, my friend! But in any case what is important is the testimony of these Christian martyrs and the opportunity for the Gospel it created.

      Vee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.