BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Vrydag 08 Augustus 2014

NIKS IS VIR HOM ONMOONTLIK NIE

- God se almag en soewereiniteit word vertoon deur Jesus.

Die sin van ons bestaan is om God te dank, aanbid en te bewonder. Ons kan dit net doen as ons sy heerlikheid raaksien. Een faset van God se heerlikheid waarvoor ons Hom moet bewonder is sy ALMAG! Iets van God se almag kan in die natuur gesien word. Psalm 29 herinner ons : “Dit is die magtige God wat die weer laat dreun........ die stem van die Here is vol majesteit.....dit stroop die bosse kaal. In sy paleis roep almal uit : Hoe geweldig!” (Psalm 29:3) Die almagsbewyse van God in die natuur is ‘n algemene tema in die Psalms! Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind, wolke en weerligstrale gehoorsaam sy opdragte! (Psalm 135:5-7; 148:7,8) 

Ons het gesien dat Jesus God se heerlikheid vir ons wys. (Kliek op JESUS WYS GOD) Die eienskap/attribuut van God se almag word ook deur Jesus vertoon. Daarom is dit nie verbasend dat toe Christus in die wêreld gekom het, die hele natuur voor sy gesag gebuig het nie. Die doel van sy wonders was om sy Goddelike identiteit te openbaar! Hy beveel die wind en die see en hulle gehoorsaam. "Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: "Hou op! Bedaar!" Die wind het gaan lê en daar het ‘n groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: "Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?"Hulle is met groot ontsag vervul en het vir mekaar gesê: "Wie kan Hy tog wees dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?" (Markus 4:39-41) Dis baie veelseggend, want die Jode wat ‘n nie seevarende volk was, was maar baie bang vir die see!

WATER

Water is een van die belangrikste elemente in die natuur en juis water moet maak soos Jesus wil – teen die natuurlike wette. Op sy bevel het dit “solied’ geword onder sy voete en het Hy daarop geloop. Toe sy dissipels dit sien het hulle voor Hom “gekniel” en verklaar: “U is waarlik die Seun van God.” (Matt 14:33) ’n Ander keer by die bruilof te Kana het Hy die water beveel en dit het wyn geword. Daardeur, meld Johannes “het Hy sy mag laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.” (Joh 2:11) Wind en water doen wat Jesus hulle ook al beveel. Word stil, word vas, word wyn.* Die natuurwette is deur Christus vasgelê en word ook op sy bevel verander. Goddelike almag in aksie! God is nie gebonde aan natuurwette nie en kan dit wysig en gebruik soos Hy wil.

Maar dis nie al nie...Oor sterftes en siektes. Oor vis, voedsel, vye bome... bewys Jesus sy Goddelike almag. Noem maar op, Jesus is die absolute heerser oor alle bestaanswerklikheid! Met ’n woord roep Hy dooies op tot die lewe. Die gesagswoord van die Lewegewer : “Lasarus, kom uit!” (Joh 11:43) Jesus bring 'n begrafnisstoet tot stilstand. Hy stop die dood in sy spore, as hy die weduwee se gestorwe seun aanspreek : “Jongman, Ek sê vir jou, staan op!” (Lukas 7:14) Dis heerlike Goddelike almag! 'n Dooie dogtertjie hoor : “Talita koemi” ,wat beteken : “dogtertjie....staan op! (Markus 5:41) Hy het die koors bestraf en onmiddellik het dit Petrus se skoonmoeder verlaat. (Lukas 4:39) Sy Goddelike almag omvat ontsettende detail. Hy het dit so bewerk dat ’n bepaalde vis ’n muntstuk sou insluk en aan Petrus se hoek gevang word. (Matt 17:27) ‘n Goddelike almag vol goedheid en medelye. Hy het met vyf brode vyfduisend gevoed. (Matt 14:19-21) ‘n Goddelike almag wat ook nie skroom om te oordeel nie. Hy het ’n vyeboom laat verdroog deur ’n vloek uit te spreek. (Markus 11:21)

Die Goddelike almag soos vertoon deur Jesus is allesomvattend en volledig. Die bestanddele van alle dinge is nie slegs deur Christus geskep nie (Joh 1:3; Kol 1:16) maar dit word ook oomblik vir oomblik deur Hom in stand gehou in die ganse heelal deur sy wil. “Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand.” (Hebr 1:3) “deur Hom bly alles in stand” (Kol 1:17)  Sou iets vir Hom dan onmoontlik kon wees?

SOEWEREINE ALMAG

Saam met almag gaan ook soewereiniteit. God is van niemand afhanklik nie, Hy doen wat Hy wil, soos Hy wil en wanneer Hy wil! Niemand kan Hom voorskryf of dwing nie – God is waarlik in die volle sin van die woord – KONING. En dis hierdie koningskap wat ons in Jesus sien. Hy genees soos en wie Hy wil. Die verhaal van Lasarus illustreer dit so duidelik. - “Kon Hy wat die oë van die blinde man genees het, nie ook gemaak het dat hierdie man nie sterwe nie?” (Joh 11:37) Natuurlik, die antwoord op daardie vraag is, ja. Inteendeel, Jesus se tydsberekening was daarop gemik sodat sy vriend sou sterf. ‘n Doelbewuste beplande vertraging. Hy het vir twee dae gewag en gesê: “Lasarus is dood en om julle ontwil is Ek bly dat Ek nie daar was nie sodat julle in My kan glo.” Jesus kan deur niks onkant gevang word nie, ook nie deur die dood nie. Jesus het immers self die finale sê oor lewe en dood! : "Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste,die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk.” (Openb. 1:17,18) 

Sy soewereine almag kom seker die duidelikste na vore as dit kom by die redding van sondaars. Hy red wie Hy wil. “Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil."  (Joh 5:21) Jesus is die sterkste! Aan Hom is alle mag in hemel en aarde gegee. En hierdie mag word spesifiek genoem in die konteks van die redding van sondaars! Goeie nuus. “U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee.” (Joh 17:2; ook Matt 28:18) Dis hierdie mag wat Saggeus die gierige skelm uit ‘n boom gaan haal en van hom ‘n kind van Abram gemaak het, dis hierdie mag wat die selfversekerde vyand van die kerk, Paulus in sy spore gestop het en hom tot apostel geroep het! 

Inderdaad, sonder die almag van God sal mense nooit gered kan word nie! Die hartseer verhaal van die Ryk jongman in Markus 10 onderstreep dit baie goed. “En hulle was uitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word? Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.” (Markus 10:26,27) Die almag van God word vir ons heerlik gedemonstreer as Hy deur Jesus mense nuut maak – nuwe skeppings! (2 Korintiërs 5:17) Eendag sal die hele skepping weer nuut gemaak word (Rom 8) en sal ons as nuutgemaakte mense dit vir ewig bewoon en God daarvoor loof en prys! 

Het sy genadige almag jou al nuut gemaak? Hierdie almagtige God kan ons maar vertrou, ons kan by Hom skuil, ons kan Hom maar net aanbid en bewonder! Dis so heerlik om te weet, ons aanbid nie 'n swakkeling nie, maar die ALMAGTIGE GOD!

*John Piper. Vir die hele gedeelte is daar swaar (ook woordeliks) geleun op sy SEEING AND SAVORING JESUS CHRIST.


10 opmerkings:

  1. Middag Johannes
    Hier is die klippie in jou skoen alweer
    Ek stem saam met God se almag en soewereiniteit, maar God gee ons deur sy soewereiniteit, beloftes in Sy Woord wat vasstaan en ons kan dit nie verander of anders interpreteer nie. ek sal later oor genesing praat ek wil nou eers oor Sy redding vir alle mense praat
    Die waarheid oor die uitverkiesing soos in Eff 1:4-9 is soos volg. Hierdie is ongelukkig in Engels, want dit kan miskien nie so duidelik in Afrikaans verduidelik word nie.
    This is what God chose -- that all of the new race of Adam who accept Jesus Christ should be holy and without blame before Him in love. It is this plan that is chosen for all believers, not the individual conformity of any one person to that plan. The final choice is left up to the individual, not God. All are called and chosen to become holy before God in love if they want to accept this plan and choice of God, but only those who meet the conditions will be so blessed (Joh 3:16-20; Mark 16:15-16; 1Tim 2:4; 2Pet 3:9; Open 22:17)). This is the true meaning of election and predestination wherever found in Scripture (Ef 1:5; Rom 8:29). In other words, the plan is predestined and foreknown, not the individual conformity to the plan. “die woord voorkennis is uit die ANV gelaat” daarom die mistasting.
    Voordat ek verder gaan wil ek net weet as n kind te sterwe kom wat nog nie toerekeningsvatbaar is nie waar gaan hy/sy heen, want ons sal nie weet of hy/sy uitverkies is nie??
    My opsommende wyse is soos volg:
    In die Woord vind jy nie die geringste verwysing na n uitverkiesing deur God waarin een persoon gekies word om gered te word en n ander een gekies word om verdoem te word nie. Daar is geen lering dat n mens gered word deur God se keuse alleen nie; daar moet ook die keuse van die individu wees om aan God se voorwaardes tot verlossing te voldoen. Dit is die plan van God wat gekies is (Sien die verduideliking hier bo)
    Die plan is dieselfde vir almal; en elkeen, sonder uitsondering word almal genooi tot redding, op die uitsluitlike grondslag van die individu se keuse en ooreenkomstig die Evangelie tot die einde toe. Andersins, is jy verlore, so daar kan geen uitsondering tot hierdie Goddelike plan wees nie.
    God se aandeel in die redding van alle mense is volbring en wie ook al Sy terme (Voorwaardes) nakom sal gered word. Die totale program van redding is eenvoudig nl. Om wedergebore te word wat jou n nuwe skepsel in Christus maak. (Matt 18:3; Joh 3:1-8, 14-18; 2 Kor 5:17-18) Ons moet die goddeloosheid en wereldse begeerlikhede verloen, ingetoe en regverdig en vroom in die teenwoordige wereld lewe.
    (Gal 5:18-21,24; Titus 2:11-14; 1Joh 1:7; 1Joh 2:29; 1Joh 3:5-10; 1Joh 5:1-4,18)
    As jy na jou wedergeboorte sondig moet jy jou sondes bely (repent) en wegdraai van sonde. (1Joh 1:9; 1Joh 2:1-2) Geen mens wat in sonde leef en sterf sal gered word nie. (Matt 7:19-21; Rom 1:29-32; Rom 8:1-13; 1 kor 6:9-11; Gal 5:19-21; Kol 3:5-10)

    Seen
    Boeta

    AntwoordVee uit
  2. Beste Johannes
    Hier is die klippie in jou skoen alweer
    Ek stem saam met God se almag en soewereiniteit, maar God gee ons deur sy soewereiniteit, beloftes in Sy Woord wat vasstaan en ons kan dit nie verander of anders interpreteer nie. ek sal later oor genesing praat ek wil nou eers oor Sy redding vir alle mense praat
    Die waarheid oor die uitverkiesing soos in Eff 1:4-9 is soos volg. Hierdie is ongelukkig in Engels, want dit kan miskien nie so duidelik in Afrikaans verduidelik word nie.
    This is what God chose -- that all of the new race of Adam who accept Jesus Christ should be holy and without blame before Him in love. It is this plan that is chosen for all believers, not the individual conformity of any one person to that plan. The final choice is left up to the individual, not God. All are called and chosen to become holy before God in love if they want to accept this plan and choice of God, but only those who meet the conditions will be so blessed (Joh 3:16-20; Mark 16:15-16; 1Tim 2:4; 2Pet 3:9; Open 22:17)). This is the true meaning of election and predestination wherever found in Scripture (Ef 1:5; Rom 8:29). In other words, the plan is predestined and foreknown, not the individual conformity to the plan. “die woord voorkennis is uit die ANV gelaat” daarom die mistasting.
    Voordat ek verder gaan wil ek net weet as n kind te sterwe kom wat nog nie toerekeningsvatbaar is nie waar gaan hy/sy heen, want ons sal nie weet of hy/sy uitverkies is nie??
    My opsommende wyse is soos volg:
    In die Woord vind jy nie die geringste verwysing na n uitverkiesing deur God waarin een persoon gekies word om gered te word en n ander een gekies word om verdoem te word nie. Daar is geen lering dat n mens gered word deur God se keuse alleen nie; daar moet ook die keuse van die individu wees om aan God se voorwaardes tot verlossing te voldoen. Dit is die plan van God wat gekies is (Sien die verduideliking hier bo)
    Die plan is dieselfde vir almal; en elkeen, sonder uitsondering word almal genooi tot redding, op die uitsluitlike grondslag van die individu se keuse en ooreenkomstig die Evangelie tot die einde toe. Andersins, is jy verlore, so daar kan geen uitsondering tot hierdie Goddelike plan wees nie.
    God se aandeel in die redding van alle mense is volbring en wie ook al Sy terme (Voorwaardes) nakom sal gered word. Die totale program van redding is eenvoudig nl. Om wedergebore te word wat jou n nuwe skepsel in Christus maak. (Matt 18:3; Joh 3:1-8, 14-18; 2 Kor 5:17-18) Ons moet die goddeloosheid en wereldse begeerlikhede verloen, ingetoe en regverdig en vroom in die teenwoordige wereld lewe.
    (Gal 5:18-21,24; Titus 2:11-14; 1Joh 1:7; 1Joh 2:29; 1Joh 3:5-10; 1Joh 5:1-4,18)
    As jy na jou wedergeboorte sondig moet jy jou sondes bely (repent) en wegdraai van sonde. (1Joh 1:9; 1Joh 2:1-2) Geen mens wat in sonde leef en sterf sal gered word nie. (Matt 7:19-21; Rom 1:29-32; Rom 8:1-13; 1 kor 6:9-11; Gal 5:19-21; Kol 3:5-10)

    Daar is nog n gedeelte wat hierby gevoeg moet word, dit volg.
    Seen
    Boeta

    AntwoordVee uit
  3. Uitverkiesing is maar net 'n onderstreping van die beginsel van genade alleen! Ja, ons word almal uitgenooi, ons moet almal bekeer, ons moet almal volhard... maar terugskouend as ons dit gedoen het, leer die Bybel ons dis alles suiwer genade! Nie my aanvaarding van Jesus, nie my bekering, nie my volharding is my prestasie nie, dis een honderd persent 'n gawe van God. Ef 2:8 Volgens die beginsel van genade het niemand iets om voor God te roem nie! Dis ons plig om na Jesus te kpm, maar as ons dit gedoen het, weet ons ons sou nie kon as die Vader ons nie getrek het nie! "Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag." Joh 6:44. Daarmee die debat op hierdie post oor die uitverkiesing afgesluit, want dit gaan nie hier per se oor die uitverkiesing nie, maar die ALMAG van God as een van sy attribute wat Hy in Jesus aan ons vertoon! Groete en mag ons almal groei in insig in God se soewereine heerlikheid!

    AntwoordVee uit
  4. Johannes antwoord net my vraag oor kinders wat nog nie toerekeninsvatbaar is nie. Ja ek stem saam dat jy nie jou redding kan verdien nie, ja dit is onverdiende genade. Maar elke belofte van God het n voorwaarde. Hiermee sluit ek af. Kan ek nog oor genesing my mening gee?

    AntwoordVee uit
  5. Die redding van minderjarige kinders wat vroeg sterf is 'n saak waaroor Christenouers groot vrede mag ervaar , omdat : God 'n regverdige God is. Juis omdat redding 'n saak van soewereine genade is, so vir God is dit net so maklik om 'n jong sondaar as 'n ou sondaar te red. Die verbondsgenade van God soos duidelik getoon in Ou en Nuwe Testament gee ons verdere hoop... "jy en jou huis" (Hand 16:31)

    AntwoordVee uit
  6. Hierdie is slegs n druppel in die emmer oor genesing en die wil van God. Ek kan eintlik nie reg laat geskied oor die wonder van God se genesing ook vir vandag nie hier is net nie genoeg spasie nie. n Vriend van my is besig om n boek te skryf net oor genesing vir vandag en dit is reeds oor die 100 bladsye.
    Ek hanteer eers Jesaja 53:4-5 om te wys dat Christus ons sonde en ons siektes in sy liggaam gedra het. Ek sal die Afrikaanse woord gebruik, maar ek sal die soortgelyke Engelse woord gebruik vir my verduideliking, aangesien Strongs net die Engelse woord gebruik. Nogtans (Surely) Hebreeus (Hebrew: 'aken (HSN-(H403), surely; firmly; certainly) Krankhede (Griefs) (Siektes en Krankhede)
    Isaiah 53:4-5 (KJV)
    4 Surely he hath borne our griefs, and carried our sorrows: yet we did esteem him stricken, smitten of God, and afflicted.
    5 But he was wounded for our transgressions, he was bruised for our iniquities: the chastisement of our peace was upon him; and with his stripes we are healed.
    Jes 53:4 Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.
    Jes 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
    Grief Defined

    Hebrew: choliy (HSN-), malady. Translated "grief" (Isa. 53:3-4); "disease" (2Ki. 1:2; 8:8-9; 2Chr. 16:12; 21:18; Eccl. 6:2); "sick" (Isa. 1:5); and "sickness" (Isa. 38:9,12; Dt. 7:15; 28:59,61; 1Ki. 17:17; 2Ki. 13:14; 2Chr. 21:15,19; Ps. 41:3; Eccl. 5:17). The words grief and griefs in Isa. 53:3-4 should have been translated sickness as the Hebrew word is translated elsewhere and recognized by many versions. Christ was not only acquainted with diseases and sicknesses in the sense of being able to discern and diagnose them, and by being familiar with them in others, but He actually bore them in His own body while hanging on the cross and becoming a substitute for others.

    Die kwotering en vervulling van die profesie in Mat 8:16-17 bewys dat die siektes en swakhede (smarte) wat Hy in Sy liggaam gedra het was fisies, nie geestelike genesing nie. Fisiese genesing kom honderdemale in die Woord voor bv. In die verbond, beloftes, profesieë, ens. terwyl genesing van die siel net eenkeer in die Woord genoem word in Ps. 41:4.

    Mat 8:17 sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.
    Matthew 8:17 (KJV)
    17 That it might be fulfilled which was spoken by Esaias the prophet, saying, Himself took our infirmities, and bare our sicknesses.
    [sicknesses] [siektes] Word slegs 4 keer gebruik, maar altyd verwysend na fisiese siekte (Dt. 28:59; 29:22; Mt. 8:17; Mk. 3:15). Die woord siekte word 20 keer gebruik en siek 88 keer en nie een keer word dit in verband gebring met geestelike (spiritual) siekte nie. Sien ook Mt. 4:23-24. Hoe kan ons sê dit verwys na geestelik siek.
    Genesing vir Sy kinders is die wil van God

    Seen Boeta

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Boeta ek moet ongelukkig weereens ten sterkste met jou verskil. Ek gaan nie nou in detail op die saak in nie, maar net kortliks – jou stelling dat dit altyd God se wil is om sy kinders te genees is Bybels en prakties histories onhoudbaar. Paulus self moes al ‘n medewerker siek agterlaat en die geskiedenis leer ons dat van God se besondere diensknegte – geloofshelde soos Brainard, Martyn, Judson, Mcheyne, Livingstone... te veel om te noem aan siektes (dikwels baie jonk) oorlede is. Was daar fout met hulle geloof? Trouens ons almal gaan uiteindelik maar dood aan een of ander siekte. Hierdie soort teologie verwar die huidige stukkende bedeling op ‘n vervloekte aarde met die ewige heerlikheid op die nuwe aarde, waar daar inderdaad geen siekte en dood sal wees nie! Dis erge misleiding en verwar mense in hulle geloof!

      Vee uit
  7. Johannes jy noem dat my stelling histories onhoudbaar is, dan noem jy n paar geloofshelde. Is ek en jy nie ook maar geloofshelde nie, hoekom n paar uitsonder wat n eeu of drie gelede geleef het. as jy histories wil terug gaan moet jy bv. in die geskiedenis terug gaan tot in Handelinge of selfs verder. Ja dat ons moet dood gaan is verseker, toe Jesus en die apostels en Paulus mense genees het, het hulle ook tog geweet dat die mense moet dood gaan hoekom het huule die mense genees. So Jesus en die Apostels het ook dan mense mislei en verwar. Kyk wat Mark 16 se asook Matt 10:7 ens. ens .ens.
    Jas 5:14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
    Jas 5:15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
    Jas 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
    Doen ons dit ooit nog vandag, nee.
    Miskien moet ons 1Kor 11 vanaf vers 27 meer ernstig opneem

    Seen
    Boeta

    AntwoordVee uit
  8. My vriend jy mis die punt van die debat - ek het nog nooit gestry dat God mense genees nie; inderdaad doen Hy dit. My punt van verskil met jou is dat Hy dit nie altyd doen nie, want dan sou niemand mos doodgegaan het nie. Dis juis waaroor dit gaan - Hy genees, maar Hy genees soewerein, soos Hy wil en wanneer Hy wil en natuurlik is gebed die instrument!

    AntwoordVee uit
  9. Johannes ja, ek weet nie mooi hoe om dit vir jou te stel nie. Ek wil nie met jou stry of argumenteer nie. Ek mis ook nie die punt nie, want ek stry nie en sê dat jy nie in Goddelike genesing glo nie, maar uit die Woord kan ek nêrens aflei dat dit nie God se wil is om Sy kinders te genees nie. Ek kom uit dieselfde Gereformeerde agtergrond waarin ek geleer is ek moet bid “as dit U wil is”, Nadat ek egter die Woord bestudeer het en nerens so n gebed kon opspoor wanneer daar vir siekes gebid is nie het ek deur die Gees tot ander insigte gekom.(die eenigste plek waar ek dit wel raakgeloop het is waar Jesus se ons kan nie se ons gaan na die stad of daardie stad om besigheid te doen sonder om te vra “as dit U wil is” Jak 4 vanaf vers 13, want daardie wil is nie in die Woord opgeteken nie. In my huis het daar wonderlike Goddelike genesings plaasgevind nadat ons vir die sieke hande opgelê en gebid het. Verstaan my mooi ek sê ook nie dat jy nie dr. toe moet gaan nie, nee die dr. beveg dieselfde duiwel as ek en jy,of die dr. nou glo of nie, want God het die mediesewetenskap self geskep.
    Dr. Alexander Dowe vertel hoe hy lig op die onderwerp genesing ontvang het. Hy was leraar van n kerk in Australie gedurende n builepes plaag in 1875. Mense het letterlik soos vliee gesterf. Dr Dowe het 40 lede van sy gemeente in minder as n maand begrawe, terwyl baie ander die plaag onderlede gehad het waarvoor daar geen geneesmiddel was nie. Terwyl dr. Dowe in sy studeerkamer met sy kop op sy arms gesit en voor God gehuil het en met God die volgende woorde gepraat het: “ God is everybody going to die ---------------Are you going to take everybody. Where did this come from? Are You the auther of this? So het dr. Dowe aangegaan en sy hart gesit en uit huilt, het die Heilige Gees met hom gepraat en deur sy gees het hy Hand. 10:38 gekwoteer. Dit was soos n ligstraal wat hy deur sy gees gesien het, satan was die verdrukker, maar Jesus was die verlosser! Dr. Dowe het Heb. 13:8 onthou. “Jesus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” Hy vertel dat dit was asof hy in n donker kamer was en iemand het die lig aangeskakel. Hy het toe besef dat dit die duiwel was wat die plaag oor hulle gebring het. Omdat hulle nie die waarheid geken het nie, het hulle toegegee aan die duisternis. Dr Dowe vertel dat nie een sieke nie gesond geword het vir wie hy gebid het nie. Dr. Dowe het vir 19 jaar nadat hy die nuwe waarheid geleer het nog in daardie gemeente gewerk en in die 19 jaar is daar nie een jong of middeljarige persoon dood nie, slegs van die ou mense wat hulle leeftyd voltooi het is dood. Hierdie is slegs in baie kort sy storie.
    Mag die Here se seen oor jou wees Johannes.
    Groete
    Boeta

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.