BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Woensdag 15 Julie 2015

VER GEVORDER?

'n Koerantopskrif beduie vir ons dat die NG Kerk al ver gevorder het omdat 'n gay egpaar se kinders gedoop is.  Die leraar en gemeente "vorder" nie net met die nuwe siening van wat huwelik is nie, daar word ook "geworstel" met die manlike metafore oor God. Dit blyk dat ons nou ook 'n nuwe siening van God moet akkommodeer! Vordering is seker 'n goeie ding wat verwelkom moet word, maar alles hang af van die rigting waarin gevorder word. In hierdie geval blyk dit "vordering" weg van die Skrif te wees...  Lees maar self by VER GEVORDER en beoordeel dit vanuit die Woord.

Nee, liewe leraar/s, om mense te sus wat op die verkeerde pad is, is nie vordering nie en ook nie liefde nie!

In Maleagi spreek God vreeslike oordele oor die priesters uit. God is moeg vir hulle geknoei en ontrouheid... Een van die redes wat uitgelig word is die volgende:

"Julle het die Here moeg gemaak met wat julle gesê het, en dan vra julle nog: "Waarmee het ons Hom moeg gemaak?" Julle het dit gedoen toe julle gesê het: "Vir die Here is almal wat verkeerd doen, goeie mense, Hy hou van hulle," of toe julle gevra het: "Waar is die God wat reg moet laat geskied?" (Maleagi 3:17)

Nee, God wil nie hê ons moet mense paai terwyl hulle op die verkeerde pad is nie, ons moet mense laat afsien van hulle sonde (Maleagi 3:6), terwyl ons waak om nie in dieselfde slaggate te val nie.

Dis nie leraars se taak om almal te laat goed voel of agter die meerderheid en gees van die tyd aan te praat nie, maar om God se volk, SY WIL te leer!

"‘n Priester moet met kennis kan praat, daar word verwag dat hy die volk sal kan leer wat my wil is, want hy is ‘n boodskapper van die Here die Almagtige." (Maleagi 3:7)

Leraars wil nie meer iets verkeerd noem nie! Te hoflik en kruiperig! Netnou neem die mense aanstoot en weerhou hulle hulle bydraes...

Hoe voel God oor hierdie houding?

"Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie;..." (Esegiël 22:26)

Kom ons keer terug na God en sy Woord, dan sal ons ook met ware liefde die regte pad kan aanwys. Laat ons maar eerder erken, dat ons ver afgedwaal het. Laat ons vorder in die vrees van die Here!

5 opmerkings:

  1. Dankie Johannes , dat jy vasstaan op hierdie beginsels! It seems to me that the NG church leadership in Namibia is beginning to follow the same trend. The gay agenda is always preceded by an abdication of the SOLA SCRIPTURA principle .

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ja. Inderdaad is die beginsel wat op die spel is die gesag en genoegsaamheid van die Woord. En daarom ook die gesag van God. Dis eintlik wat bevraagteken word.

      Vee uit
  2. Dankie vir jou brokkies, altyd baie insiggewend. Jy het baie moed. Doe zo voort. Inderdaad is die waarheid ernstig in gedrang. Lees gerus hierdie verstommende artikel. Sodra 'n mens dink jy het alles gehoor, dan verras die bose een verder. http://www.netwerk24.com/stemme/2015-07-09-bybel-s-niks-oor-gay-wees
    Hendrik Keller Pretoria

    AntwoordVee uit
  3. Baie dankie vir u waagmoed, om téén die heersende ( wêreldwye) humanistiese, tolerante stroom te gaan en die Bybelse pad aan te dui. In watter rigting vorder die NGK? Teen 'n angswekkende spoed, berg-af, soos 'n swaargelaaide lorrie sonder brieke. Mag die Here ons genadig wees!

    AntwoordVee uit
  4. Amen!
    Christo in Kanada

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.