- wat my nie opgewonde maak nie.
Hoe so? Selfs Abbas en Netanyahu loop dan saam-saam...?
Die wêreld is bykans ongeëwenaard verenig in die veroordeling van die aanval op die CHARLIE HEBDO kantore in Parys. Op ongekende skaal is daar die afgelope naweek vir vryheid en eenheid betoog. Christene is ongetwyfeld ook ten gunste van vryheid. Dis immers ‘n oorheersende tema onder andere in die brief aan die Galasiërs. Maar die vryheid waarvoor ons staan en waarin ons lewe is ‘n vryheid wat fundamenteel verskil met die vryheid waarvoor wêreldleiers Sondag in Parys saam met derduisende optoggangers gemarsjeer het, toe ‘n verbysterende geskatte 1,6 miljoen Franse Parys se strate ingevaar het vir hulle marche républicaine.
Die Christen bevind homself in ‘n moeilike middelposisie in hierdie tyd van #NousSommesCharlie. (ons is Charlie) Ja, ons is erg gekant teen alle terreur en geweld, ook Islamitiese terreur, maar ons is ook net so sterk gekant teen die obsene westerse idee van vryheid soos verteenwoordig in die lastertydskrif CHARLIE HEBDO. Almal gaan dus vir ons kwaad wees, die Moslems omdat ons hulle valse en gewelddadige godsdiens afwys, maar ook die Westerse postmodernistiese liberale omdat ons nie kan saamsing in hulle koor van losbandige vryheid teen God en sy gebod nie. Nooit, maar nooit kan ons onsself aan “Charlie” se kant skaar nie!
VRYHEID = VRYHEID ONDER DIE WOORD.
EENHEID = EENHEID IN CHRISTUS.
As Christene glo ons in die vryheid om God te dien volgens ons gewete wat gebonde is aan sy Woord. As Christene verlang ons na eenheid, eenheid binne die Waarheid, met ander woorde ‘n eenheid wat gevind word in onderwerping aan Jesus Christus as ons Koning!
Die Franse se passievolle uitstorting van solidariteit en emosie vir vryheid en eenheid gee mens eintlik koue rillings. Maar dis rillings van skok, want die vryheid waarvoor hulle skree is ‘n vryheid sonder die grense van die Woord en die eenheid waarvoor hulle betoog is ‘n eenheid buite die heerskappy van Christus! Kortom gestel : Die massale optog in Parys is wesentlik die “opmars” van ‘n antichristelike bestel. Lyk my die wêreld is nou ryper vir so ‘n bedeling as ooit te vore...
[La place de la Bastille... foto Libération ]
[Merkel en Hollande - foto Libération ]
As westerse postmodernistiese liberale Christen dink ek ons moet meer oor Jesus praat as oor hierdie gebeure. Hoekom verloor jy soveel woorde oor wat in Frankreik gebeur het as jy so min deel van die wêreld is? Die fyt is, dink ek, ons is meer deel van die wêreld as wat ons wil toegee... daarom praat ons so graag oor hierdie dinge, ons orienteer ons aan dit wat in Parys gebeur. Wat sou jy geskryf het as daar niks daar gebeur het nie? Is ons Christenskap altyd 'n beterweter reaksionêre beroep of het ons ook iets om te sê?
AntwoordVee uitJa, ek stem 100% saam dat ons moet fokus op die positiewe verkondiging van Jesus maw die evangelie! As jy mooi gaan kyk na hierdie Blog in geheel, sal jy merk dat die oorgrote meerderheid van inhoud bestee word aan evangelie sake soos Jesus se kruis, opstanding, die heerlike feit van vergifnis, ons ewige erfenis en praktiese sake wat saamhang met die geloof soos heiligmaking ens. Ons verkondig die evangelie en leef die evangelie egter nie in 'n vakuum nie, maar binne die hedendaagse postmodernistiese konteks (soos jyself laat blyk), daarom moet ons dit ook interpreteer en daarop reageer vanuit die Woord! Anders gestel, die evangelie boodskap bly onveranderlik, maar ons moet dit binne ons huidige verstaanwerklikheid en konteks, probeer verstaanbaar "vertaal". As Christene leef ons nog op hierdie aarde en moet ons ook als in die lig van die Skrif kan beoordeel. Die NT is vol voorbeelde, dink maar veral aan Paulus se beroemde toespraak in die Areopagus in Athene!
Vee uitPresies. Al is ons as Christene nie van die wêreld nie beteken dit nie ons moet in ‘n vakuum lewe en maak asof die wêreld en sy dinge nie bestaan nie.
Vee uitDis tog onmoontlik om wêreldgebeure reg te (kan) verstaan sonder om die dieper geestelike motivering daaragter in ag te neem en te bespreek, des te meer so in ‘n snel veranderde postmoderne tyd waar die fyn lyn tussen waarheid en leuen besig is om te vervaag.
Dus, dankie ds De Koning vir jou insigte en die bespreking daarvan.
Heléne
Dankie, jy is reg, die lyn tussen waarheid en leuen vervaag in ons tyd van relatiwisme. Dis ons plig om op te staan vir die waarheid...
Vee uit"Die fyt is, dink ek, ons is meer deel van die wêreld as wat ons wil toegee... daarom praat ons so graag oor hierdie dinge, ons orienteer ons aan dit wat in Parys gebeur." Hierdie sin was nie nootwendig 'n kritiek gewees nie.
Vee uitNa die Here opgevaar het en regeer, sy Gees uitgestort het soos wat hy belowe het, leef ons dalk reeds in die nuwe wêreld. Sy Koningkreik het gekom, veral in Europa: Die westerse postmodernistiese liberale wêreld is die produk van die Christendom:
"Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het."
"Ons" raak opgewonde omdat ons die heerskappy van die Patriarg sien val of die mag van die familie sien disintegreer soos in Europa maar is dit nie die Christelike weg nie?: "...alleheerskappy en alle gesag en mag moet vernietig word."
Onbewustelik weet die hele wêreld dat Europa die progresiewe inlyding van die Koningkreik van God daarstel, dis hoekom selfs mense in Namibia eerder oor die moorde in Europa praat as oor die moorde daar, want almal weet..."ons is meer deel van die wêreld as wat ons wil toegee, daarom praat ons so graag oor hierdie dinge, ons orienteer ons aan dit wat in Parys gebeur."
Feit! Jy het 'n vreemde siening oor die Koninkryk. Lees gerus LUGFOTO VAN DIE BYBEL. groetnis
Vee uit