Ons glo heelhartig dat, in ons nadenke oor selfdegeslagverhoudings, ons alleen die Woord van God as ons vertrekpunt en finale gesagvolle bron kan gebruik om God se wil te onderskei. Die Woord, en nie die jongste navorsing uit die vloeibare menswetenskappe nie, het altyd die laaste woord te spreek.
Ons glo heelhartig dat die Bybel ons leer dat die huwelik tussen een man en een vrou, saamgebind deur die liefde van Christus, ’n lewenslange verbintenis is en God se wil vir sy kerk is. Dit is ook die enigste wyse waarop ’n Christelike huwelik tot stand kan kom.
Ons glo heelhartig dat die Bybel alle seksuele verhoudings buite die huwelik as sonde en opstand teen God se wil veroordeel.
Ons glo heelhartig dat die Bybel alle homoseksuele dade in die sterkste sin as sonde en opstand teen God se wil veroordeel. Soos met alle ander sonde, is daar ook vir die sonde van homoseksuele dade vergifnis en vrymaking moontlik deur die krag van die bloed van Christus.
Ons glo heelhartig dat die integriteit, geloofwaardigheid en heiligheid van die kerk van Christus op die spel is wanneer mense wat bely dat hulle Christene is, terselfdertyd ook volhard in ’n lewenswyse van homoseksuele dade. Sodanige homoseksuele lewenswyse, soos trouens met volharding in enige ander sonde soos beskryf in 1 Korintiërs 6:9-11, diskwalifiseer sulke persone vir enige ampte in die kerk van Christus, sowel as vir die Koninkryk van God.
Ons bely en erken die menswaardigheid van alle mense voor God, omdat alle mense geskep is na die beeld van God en Jesus Christus vir alle mense gesterf het. Daarom staan ons deure en harte oop om met die deernis en liefde van Christus, alle sondaars, ongeag hul seksuele oriëntasie, te verwelkom, te bedien en pastoraal te begelei met die evangelie van liefde in Christus Jesus.
Gedring deur Christus se liefde, moet ons mekaar se sonde ernstig opneem, sodat ook in die NG kerk ons op geen ander plek skuiling sal soek as in die vryspraak en bloed van Jesus Christus nie. In Christus wag die oorwinnaarskroon anderkant die graf en sal ons aardse stryd teen sonde vir ewig verby wees.
Reeds onderteken deur die volgende leraars van die NG Kerk in Namibië: (38)
Andries Gous, Christo Swarts, Christo van den Heever, Dirk Coetzee, Dries Burger, Dries Coetzee, Dubois du
Toit, Düring Cornelius, Edwin Kakori, Erik van Zyl, Ernst Coetzee, Evert Strydom, Gerrie Cwi, Gerson Kuvare,
Hector Jooste, Hein Schaaf, Hendrik van Zyl, Isaac Chameia, Jaco Rossouw, Jacob Schoeman, Jafet Moyo,
Jason Ngambwe, Johan Combrinck, Johannes de Koning, Josef Gevers, Koos Engelbrecht, Leviet Kxao,
Lukas van Vuuren, dr Manus Olivier, N!aici Komtsa, Petrus Kaimbi, Pierre Bosman, Richard Becker, Rudolf
Smit, Shotty Mayebo, Thinus Coetzee, Vian du Plessis, Willie Coetzee
2
2
Reeds onderteken deur die volgende kerkrade van gemeentes in die NG Kerk in Namibië: (10)
NG Kerk Otjiwarongo, NG Kerk Omaruru, NG Kerk Oewer, NG Kerk Opuwo, NG Kerk Tsumeb, NG Kerk
Suiderhof, NG Kerk Warmbad, NG Kerk Maltahöhe, NG kerk Outjo, NG kerk Kalkrand
Reeds onderteken deur die volgende leraars van die NG Kerk in Suid-Afrika (84)
Abrie Botha, dr Adré van den Berg, Alwyn Roux, Andre Fourie, Andre Lammertyn, Andrè Orffer, Andrea
Werner, Andries Grobler, Arend Hoon, dr Banus Botha, Bertus Janse van Rensburg, Carel Smith, Cecilna
Grobler, dr Chris Saayman, Chris Visser, Christie Smit, Clifford James, Corrie Greeff, Danie Murray, Dawie le
Roux, Deon Senekal, Dr Dirk Venter, Emile Blommaert, Eric Swanepoel, Ernst Rischmuller, Evert Bergh, Fanie
le Roux, Floors Ellis, Francois Botha, Frikkie Snyman, Dr.Gerard Olivier, Gert Badenhorst, Gert Barnard, Gert
Delport, dr Gert Duursema, Dr Gideon Kok, Helgard Janse van Rensburg, dr Hennie Hoepfner, Ds Hermanus
Crouse, Ian Dubery, Jan Louw, Jan Venter, Janlu Kuyler, Janus Roux, Johan Bloemhof, Johan Engelbrecht,
prof. Johan Janse van Rensburg, Johan Koen, Johan Koen (jnr), John Holtzhausen, Jos van der Merwe, dr
Leon Oosthuizen, dr Manie Taute, Marcel Vosloo, Marius Joubert, Marthinus Coreejes, Naledi Lehoko, Neels
Steyn, Nicholas Botha, Nico Sennett, Ockie Olivier, Otto Clasen, PC Pretorius, Petrus Kriel, Philip Kuhn, Piet
Fourie, Piet Otto, Pieter Badenhorst, Pieter J. Kotze, Pieter Prinsloo, Pieter Theron, Rhenier Nel, Roelf van
Niekerk, Ronnie Neveling, Ruan du Plooy, dr Sas Conradie, Stefaan de Jager, Stefan van der Merwe, Theo
Danzfuss, Tiaan Victor, Wessel Oosthuizen, Willem Badenhorst, Willem Botha, Willie Crous
Reeds onderteken deur die volgende kerkrade van gemeentes in die NG Kerk in Suid-Afrika: (8)
NG Kerk Tafelberg in Kaapstad (Dolerend), NG kerk Kroonstad-Wes, NG kerk Clearview Maclear, NG kerk
Delmas-Wes, Moreletapark Gemeente, NG kerk Sasolburg Tuinedal, NG Standerton-Suid (Dolorerend), NG
Kerk Hoopstad
Reeds onderteken deur die volgende leraars van die Reformed church in Africa
dr Gregory H. Denysschen, Kovilan Moodley, Theo Francis
Reeds onderteken deur die volgende kerkrade van die Reformed church in Africa
Reformed Church in Africa in Cravenby Cape Town - called Living waters
Reeds onderteken deur die volgende leraars van die Uniting Reformed Church of Southern Africa (URCSA)
Johannes DG Murray , Louwrens van der Westhuizen
[ Hier kan nog name bykom. Ook die van kerkrade. Die lys sal dus van tyd tot tyd aangepas word]
Mag ons rotsvas bly staan!
NS Opregte dank aan ds. Erik van Zyl en almal wat hom gehelp het om leiding te neem in hierdie saak!
*Die verklaring was eers net 'n Namibiese verklaring , maar is later uitgebrei na Suid-Afrika.