Bladsye

Woensdag 03 Desember 2014

MARCUS BORG

- en sy siening oor Jesus se kruisdood.

Hier is Marcus Borg* se siening oor Jesus se sterwe in sy eie woorde :



"Within this second and historical framework, Holy Week is not the story of Jesus dying for the sins of the world, as if this was his and God’s purpose for his life. Rather, it is the story of Jesus’ passion for God and the kingdom of God, his challenge to the combination of religious and political authority that ruled his world, and his vindication by God...

Within the historical framework, Jesus’ death was a sacrifice – but not a sacrifice required by God as payment for sin. Rather, he was willing to sacrifice his life because of his passion for God and the kingdom of God. In this sense of sacrifice, three Christian martyrs of the 20th century sacrificed their lives because of their passion for a different kind of world: Dietrich Bonhoeffer in Germany, Martin Luther King, Jr., in this country, and Archbishop Oscar Romero in El Salvador. Sacrifice, yes; substitutionary payment, no."

[Om Marcus Borg se hele verduideliking te lees kliek op HOLY WEEK]



Hy sien dus wel Jesus se dood as 'n offer, maar beslis nie as die plaasvervangende offer vir ons sonde nie! Dit wil ook voorkom asof hy Jesus min of meer op dieselfde vlak plaas as ander historiese figure wat gesterf het vir hulle ideale van 'n beter wêreld...



Borg se siening gaan dus direk in teen die Nuwe Testament en ons Belydenisskrifte!


Borg staan reëlreguit teenoor die Skrif :


Markus 10:45 "Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense." 

Romeine 3:25,26 "Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo."

Efesiërs 1:7 "Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God."

1 Petrus 3:18 "Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring, Christus wat as mens doodgemaak is, maar deur die Gees lewend gemaak is."


Borg staan direk teenoor ons Belydenisskrifte:

Heidelbergse Kategismus 40 Vraag: Waarom was dit noodsaaklik dat Christus Hom tot in die dood toe verneder het?


Antwoord: Weens die geregtigheid en waarheid van God (a) kon nie anders as deur die dood van die Seun van God vir ons sondes betaal word nie (b).

(a) Gen 2:17. (b) Rom 8:3, 4; Heb 2:14, 15.



Nederlandse Geloofsbelydenis Artikel 21: Die Versoening deur Christus

Ons glo dat Jesus Christus - kragtens 'n eed - 'n ewige Hoëpriester is volgens die orde van Melgisedek. Hy het Homself in ons naam voor sy Vader gestel om sy toorn met volledige betaling te stil deur Homself aan die kruishout te offer en sy kosbare bloed tot afwassing van ons sondes uit te stort soos die profete dit voorspel het. Daar staan geskrywe dat die straf wat vir ons die vrede aanbring, op die Seun van God was en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom; dat Hy soos 'n lam na die slagpale gelei en by die misdadigers gereken is (Jes 53: 5, 7, 9); dat Hy as 'n misdadiger deur Pontius Pilatus veroordeel is al het dié Hom eers onskuldig verklaar. Hy het teruggegee wat Hy nie geroof het nie (Ps 69:5); Hy het na liggaam en siel as regverdige vir die onregverdiges gely (1 Pet 3:18); Hy het die verskriklike straf wat ons sondes verdien, ervaar, sodat sy sweet soos bloeddruppels geword het wat op die grond val (Luk 22:44) en Hy het uitgeroep: "My God, my God, waarom het U my verlaat" (Matt 27:26). Dit alles het Hy ter wille van die vergewing van ons sondes gely. Ons sê daarom tereg saam met die apostel Paulus dat ons met julle oor niks praat nie as oor Jesus Christus en wel oor Hom as gekruisigde (1 Kor 2: 2); dat ons alles as waardeloos beskou, want om Christus Jesus, ons Here, te ken oortref alles in waarde (Fil 3:8); dat ons volkome vertroosting in sy wonde vind en dat ons nie enige ander middel hoef te soek of uit te dink om ons met God te versoen nie as slegs hierdie offerande wat net een maal gebring is, waardeur die gelowiges vir altyd volmaak word (Heb 10:14). Dit is dan ook die rede waarom Hy deur die engel van die God Jesus, dit is Verlosser, genoem is, want Hy sou sy volk van hulle sondes verlos (Mat 1:21). 

Ps. 110.4; Heb. 5:10; Rom. 5:8,9; Kol. 2:14; Heb. 2:9,17; Rom. 4:25; Joh. 15:13; Hand. 2:24; Joh. 3:16; Rom. 8:32; 1 Tim. 1:15; Jes. 53:5,7; Heb. 9:14; 1 Pet. 2:24; Maat. 15:28; Joh. 18:38; Ps. 69:5; Eks. 12:6; Ps. 22:16; Dan. 9:26; 1 Kor. 2:2; Rom. 5:6; Filip. 2:8; Heb. 9:12; 1 Pet. 1:18; Joh. 10:9; Heb. 9:25,26; 10:14; Joh. 5:10; Matt. 1:21; Hand. 4:12; Luk. 1:31. 

Daar kan geen misverstand en onduidelikheid wees nie; Marcus Borg se interpretasie van Jesus se sterwe soos ook onder andere uitgespel in sy "THE LAST WEEK - WHAT THE GOSPELS REALLY TEACH ABOUT JESUS'S FINAL DAYS IN JERUSALEM" druis direk in teen die Bybel en ons Gereformeerde Belydenis. Tog word sy boek(e) in 'n positiewe lofrede deur 'n resensent besing in ons amptelike kerkblad, DIE KERKBODE. 

Ek vra dus: Behoort DIE KERKBODE (al is dit via 'n resensent) so 'n persoon se boek aan te beveel of dalk eerder ons daarteen te waarsku?

[Vir die oorspronklike beswaar en opmerkings, kliek op BORG BOEK]

*foto - Wiki

4 opmerkings:

  1. Dit is snaaks dat die NG kerk wat homself nog ‘n gereformeerde kerk noem byna geen van die gereformeerde teoloë se materiaal lees of resenseer nie. Maar hulle is fluks by al die ander vreemde ouens. As die NG kerk en dan Kerkbode so gesonde tydskrif is om te lees, waarom sien mens geen boek van 'n gesonde gereformeerde bron wat aanbeveel word nie.

    Ek het nou al by verskeie hoë geplaastes in die NG kerk gesien hoe hulle Spong, Borg, en verskeie Roomse teoloë se boeke aanbeveel en lees. Ek het nog geen oud of hedendaagse gereformeerde skrywer gekwoteer of aanbeveel gesien by hulle nie.

    Dit skep mos duidelik by mens die indruk wat hulle verkies. Dit is beslis nie gereformeerde bronne en lering nie. Mense soos Sproul, Ferguson en 'n magdom hedendaagse uiters bekwame gereformeerde leraars verskyn glad nie op hul radar nie. Maar mistieke, liberale en Roomse skrywers is hoog op hul agenda. Dit laat ernstige vrae. Mens se teologiese aptyt weerspieël jou hart.

    AntwoordVee uit
  2. Baie dankie, dis baie leersaam. Ek dink nie die kerkleiers wat hierdie mense so kwistig aanhaal en/of hul boeke resenseer is onbewus van mense soos Borg se Godsbeskouings, Christologie, Skrif- of ander beskouings nie. Dit is eerder 'n sug na aanvaarding, 'n mode-denke, en hulle wil nie "uit pas wees" met die heersende "mode" nie. Dit is soos Jaco hierbo sê: hul teologiese aptyt weerspieël hul hart.

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie. Ja, dit gaan hoegenaamd ook nie oor haarklowery oor ondergeskikte of randsake nie. Die kern van die evangelie is op die spel. 'n Mensgemaakte program tot sosiale verbetering of die kruisevangelie wat sondaars van skuld en sonde verlos!

      Vee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.