tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post8671462819493010719..comments2024-03-13T08:21:47.598+02:00Comments on Woord-Skatte Gemyn op Tsumeb: “PA, BEGRAWE MY OP DIE RUGBYVELD”Johannes de Koninghttp://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comBlogger11125tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-3566400983060226682017-07-02T06:55:44.846+01:002017-07-02T06:55:44.846+01:00Huisvrou, ek deel jou frustrasies. Hulle praat van...Huisvrou, ek deel jou frustrasies. Hulle praat van staatskaping daar by julle in SA, maar dit lyk my nog erger is ons kinders se "kaping" deur die skole...
Sport het die eintlike "god" geword van ons Afrikaners en hierdie afgod kry eerste prioriteit, ook in die sogenaamde "Christelike Privaatskole."

Baie dankie vir jou uiters waardevolle bydrae en ek hoop ons hoor weer van jou!

Groetnis
JohannesJohannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-87578467789761296352017-07-02T06:32:28.397+01:002017-07-02T06:32:28.397+01:00'n Inskrywing op Facebook waar hierdie inskryw...'n Inskrywing op Facebook waar hierdie inskrywing gedeel is, het my hierheen gelei. (Moet erken, dis nie die eerste keer wat ek op hierdie werf rondkuier nie).

Hier by ons, in 'n plattelandse dorpie in SA, is dit presies net so. Meer nog met ekstra buite-skool sportsoorte. Perdesport kompetisies vind deesdae uitsluitlik op Sondae plaas en gereeld kry ek die boodskappie "Tannie, ek gaan nie kerk toe kom vandag nie."

Maar sport het ons kinders se vakansies ook oorgeneem. Maartvakansie is propvol met rugby, die wat nie deelneem nie, moet help om eetgoedstalletjies te beman. Julievakansie beleef ons weer die bokkieweek...

Skool het die kinders se lewens totaal oorgeneem met ouers as gehoorsame slawe.

Waar is die dae wat pa bloot met 'n briefie vir juffrou laat weet: "Jannie kom nie skool toe nie, hy moet help koring oes." En juffrou moes dit so aanvaar.

Om te dink ons voorgeslagte het nagmaal gevier oor hele naweke! Voorbereidingsdiens, nagmaal en dankdiens, alles op een naweek.... Waar is die psalmis se uitroep: Ek was bly toe hulle my sê om na die Here se huis te gaan?

Ons skuld voor God omdat ons ons verantwoordelikheid ontduik is enorm!Huisvrouhttps://www.blogger.com/profile/08683408653166432591noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-54264277321363880952017-06-30T13:38:15.268+01:002017-06-30T13:38:15.268+01:00Dankie Buys vir jou pragtig gebalanseerde opsommin...Dankie Buys vir jou pragtig gebalanseerde opsomming van die saak! So word yster deur yster geslyp! Ek dink ook die ontspanne speelaspek is van uitserste groot waarde vir gesonde ontwikkeling en dis inderdaad iets heel anders as hierdie prestasiegedrewe en "image honger" sport wat sulke groot (ongesonde) druk op kinders plaas.Johannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-16619277211825179712017-06-30T12:28:35.055+01:002017-06-30T12:28:35.055+01:00Beste Johannes en Eckart
Net twee gedagtes: Ons m...Beste Johannes en Eckart

Net twee gedagtes: Ons moet nie gesonde gebalanseerde oefening verwar met oordrewe prestasie gedrewe sportbeoefening nie. Die ironie is dat ondanks die geweldige fokus op sportbeoefening is ons kinders gemiddeld fisiologies baie slegter daaraan toe as 'n dekade of twee gelede bloot omdat hulle onder andere minder te voet en te fiets is en minder speel (maar dis 'n onderwerp op sy eie).

Ons hoor dikwels daar word gesê dat sport karakter bou. Dis ook 'n halwe waarheid. Dit sou meer akkuraat wees om te sê dat sport karakter uitbring. 'n Christen neem tog anders deel aan sport as die wêreldling. Karakter word bepaal deur opvoeding en hoewel sport as opvoedmedium gebruik kan word mag dit nooit ons tyd so steel en energie so tap dat ons by niks anders uitkom nie.

Groete
Buys
Anonymousnoreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-35204915647621900662017-06-30T10:35:23.926+01:002017-06-30T10:35:23.926+01:00Jy is natuurlik heeltemal reg! Mammon en die sport...Jy is natuurlik heeltemal reg! Mammon en die sportgod loop hand aan hand. En die feit dat daar ook nie meer respek vir die Sondag is nie, maak dit nog makliker om voor beide te buig...
Johannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-2247144590773294892017-06-30T09:23:26.251+01:002017-06-30T09:23:26.251+01:00Skitterende stuk. Baie dankie Johannes! Skitterende stuk. Baie dankie Johannes! Kooshttps://www.blogger.com/profile/06900780158439517212noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-34952320708734034082017-06-30T07:50:48.441+01:002017-06-30T07:50:48.441+01:00Goeie môre. Dis nie net sport nie. My opinie is da...Goeie môre. Dis nie net sport nie. My opinie is dat ons jaag na wind (geld). In my jonger dae was winkels nie oop naweke nie. Kan onthou hoe my ouers altyd beplan het om genoeg aan te skaf vir naweke. Vandag is dit elke dag van vroeg tot laat oop. Wanneer kan die mense wat werk tyd kry vir sielkos? Anonymoushttps://www.blogger.com/profile/00650418731459841617noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-71403812027320843582017-06-30T05:57:35.296+01:002017-06-30T05:57:35.296+01:00Eckart, jy is natuurlik heeltemal in die kol! Baie...Eckart, jy is natuurlik heeltemal in die kol! Baie dankie vir jou vars en sinvolle perspektief. Jy is so reg - in die mees stukkende liggame kry mens die pragtigste "geeste" wat nuutgemaak is deur die Gees! Wat jy stel word natuurlik duidelik deur Paulus in 2 Kor 4:16 bevestig : "Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe."

Gesonde liggame is dus hoegenaamd geen voorvereiste vir 'n gesonde geestelike lewe nie! Ek dink tog wel die spreekwoord maak sin binne beperkte parameters in die opsig dat die liggaamlike toestand van 'n mens tog 'n invloed het op die emosioneel/geeselike sy van die mens! Oefening (op 'n gebalanseerde manier) doen mens beslis emosioneel ook goed!

Nogmaals dankie vir jou moeite om hier te reageer! Mense is maar sku om hier hulle mening in die openbaar te lug.

Vreindelike groete
JohannesJohannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-5753933069642111302017-06-29T19:31:38.385+01:002017-06-29T19:31:38.385+01:00Beste Johannes,
"'n Gesonde liggaam huisv...Beste Johannes,
"'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees"??? Is dit nie presies ons probleem nie? 'n Leun wat oor dekades heen aan elke generasie kinders geleer word en daarmee regverdig ons alle sportmalighede. Die skrif leer ons heltemal iets anders oor die oorsprong van 'n gesonde gees. In ons eie vlees en sport is dit defnitief nie te vinde nie. Ek het stukkende, ou afgetakelde en sieklike liggame gesien wat baie gesonde geeste gehuisves het, dan nie eers te praat van die verbryselde liggaam van Christus nie.
Groete
EckartAnonymoushttps://www.blogger.com/profile/14779093676769910023noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-61621766324746324672017-06-28T20:44:18.556+01:002017-06-28T20:44:18.556+01:00Liewe Johannes
Jy weet waar die kop van 'n sp...Liewe Johannes

Jy weet waar die kop van 'n spyker sit. Met jou artikels slaan jy die spyker gereeld op sy kop. Dankie vir die besorgheid wat jy moedig deel oor die sport probleem op skole. Ek dink daar is baie ouers wat in hierdie 'rat race' vasgevang sit en nie weet hoe om hier uit te kom nie. Veral as dislojaliteit teenoor die skool dalk as 'n groter sonde beskou word as dislojaliteit teenoor Christus en sy verbondsgemeente. Maar miskien is dit verkeerd van my om lojaliteite teenoor mekaar af te speel. Dit is dalk eerder ‘n geval van heroorweging van prioritiete wat hier in die gesigsveld kom. Ook ter wille van die welwese van ons kinders se geestelike vorming en heil.
'n Mens het regtig begrip vir die buitengewone opofferings wat van ouers en kinders gevra word, ook wanneer die kom by deelname aan en ondersteuning van sportaktiwiteite. Meer nog in 'n wyduitgestrekte land soos Namibië. Maar wanneer dit alles ten koste van kerklike meelewing en onderlinge gesinsverkeer sou geskied kom 'n gesonde gebalanseerde leefwyse hiermee in gedrang. En dit kan sekerlik nie maar net geignoreer word nie.

Groete
Coen SuttonAnonymousnoreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-72938583331294459792017-06-28T14:34:20.631+01:002017-06-28T14:34:20.631+01:00Baie dankie vir jou baie waar en nodige woorde Joh...Baie dankie vir jou baie waar en nodige woorde Johannes. Myns insiens is sport een van die grootste afgode van ons tyd. As jy kyk na die duisende in sportstadions, dan lyk dit soos 'n aanbiddingsdiens... van sport!
Psalm 90 het die afgelope tyd 'n diep indruk op my gemaak, na aanleiding van 'n begrafnispreek daaroor. In hierdie Psalm sien ons die ewigheid van God, en die verganklikheid van die mens - ons lewensduur is soos iets wat deur 'n vloed meegsleur word, soos 'n droom, soos gras, soos 'n sug.
In die lig hiervan bid Moses: "Leer ons om ons dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom!" (Ps. 90:12, OAV) Ons moet leef in die lig van die ewigheid.
Soos Jesus ook gesê het: "Want wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ’n mens gee as losprys vir sy siel? " (Mat. 16:26a, OAV)
Philip, KaapstadAnonymousnoreply@blogger.com