tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post5502954458403114478..comments2024-03-13T08:21:47.598+02:00Comments on Woord-Skatte Gemyn op Tsumeb: ENIGSTE WARE VERLOSSER?Johannes de Koninghttp://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comBlogger2125tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-48098404997270471122016-07-25T09:24:46.688+01:002016-07-25T09:24:46.688+01:00Dankie Charlotte vir die vrae... dis sommer 'n...Dankie Charlotte vir die vrae... dis sommer 'n hele mondvol. Oor die kwessie van God se wil kan jy gerus lees by http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2015/01/god-se-wil-vir-my.html (of kyk by onderwerplys - God se wil. God se basiese wil vir ons is heiligmaking, dis sy groot doel met ons as verlostes. Alle ander aspekte is daaraan ondergeskik. Eenvoudig gestel, streef na die heiligheid wat God in sy Woord voorskryf en die ander dinge (soos regte huweliksmaat, woonplek en beroep) kom byna vanself! Genesing is iets wat in ons dag baie klem ontvang (en daar is baie dwalinge hieroor soos byv die Word Faith leringe) en om net 'n kort antwoord te gee is baie moeilik. 'n Paar sake : Ons mag gelowig bid vir genesing. Hy genees inderdaad op wonderbaarlike maniere! God gee nie altyd genesing in hierdie bedeling nie, want ons leef nog in 'n geskende skepping en die verheerliking van ons liggame het nog nie aangebreek nie. (selfs die apostel Paulus wat baie wonders en genesings gesien gebeur het, skryf dat hy Trofimus siek agtergelaat het.) Gebedsverhoring is 'n heerlike feit in die Skrif, maar dis nooit 'n blanko tjek wat ons volgens ons eie vleeslike begeertes kan invul soos ons wil nie. Die konteks van die Skrif relativeer die "alles" in Markus 11:24 baie duidelik. So lees ons in 1 Joh 5:14 "En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil." Johannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-91546309377428399052016-07-24T23:20:16.598+01:002016-07-24T23:20:16.598+01:00Johannes, hoe weet ons wat die wil van God is, ver...Johannes, hoe weet ons wat die wil van God is, veral as dit kom by n huweliksmaat en woonplek en of ek kan gesond word van n siekte. Markus 11:24 se ek moet nie twyfel as ek God iets vra nie, en dat ons sal ontvang en ons het dit reeds ontvang.verduidelik dit asbCharlottehttps://www.blogger.com/profile/15586472795012151226noreply@blogger.com