tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post3861047518201222210..comments2024-03-13T08:21:47.598+02:00Comments on Woord-Skatte Gemyn op Tsumeb: #JusticeforReevaJohannes de Koninghttp://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comBlogger3125tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-14524266301628037172014-09-13T22:04:24.357+02:002014-09-13T22:04:24.357+02:00As daar iets is wat mense meer saambind as die ver...As daar iets is wat mense meer saambind as die verlange na geregtigheid dan is dit die verlange na wraak.Anonymousnoreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-50668964222665528982014-09-13T20:40:15.908+02:002014-09-13T20:40:15.908+02:00Dankie. Ja, God is God en Hy is ALTYD goed en regv...Dankie. Ja, God is God en Hy is ALTYD goed en regverdig, al lyk dit vir ons onvolmaakte mense nie so nie.

Hier wou ek nou nie juis daarop ingaan nie, maar bloot net aantoon hoe inkonsekwent mense is wat aandring op "justice", soos dit hulle pas, maar God se wette en norme verwerp. Dit terwyl Hyself die finale Regter gaan wees...Johannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-21526511985987997332014-09-13T18:14:03.065+02:002014-09-13T18:14:03.065+02:00Baie dankie hiervoor dominee. 'n Saak het ind...Baie dankie hiervoor dominee. 'n Saak het inderdaad vele kante, en u is een van die min mense wat dit waag om te verwys na die stilte "oor die verkeerdheid van losse buite egtelike seksuele verhoudings".

Jare gelede as Engels-juffrou het ek kortverhale met matrieks gedoen. Ek kan nie meer die titel van die storie onthou óf die skrywer nie, maar so kortweg die hooftema: Die skatryk eienaar van die plaas het geen kinders gehad nie ( en dus geen erfgenaam vir die groot plaas nie) , maar die brandarm bywoner had 'n string kindertjies. Die dokter wat geweet het hoe graag die eienaar en sy vrou kinders wou hê, het eendag mymerend na 'n tuisbesoek aan die eienaar vir homself gesê: "The world is a d**n unequal place". Hierdie woorde het deur die jare in my geheue vasgesteek, veral as ek skynbaar "onregverdige" dinge teëgekom het.

Daar is 'n hele paar (na my eie mening) skynbaar onregverdighede selfs in die Bybel . Moses word ernstig gestraf ( mag nie die beloofde land ingaan nie) vir 'n "klein" oortreding ( slaan die rots by Mara i.p.v. om daarmee te praat); die "ontugtige" Batseba se kind Salomo word een van die grootste en slimste konings van Israel én 'n voorvader van Jesus; onskuldige mense word doodgemaak vir Dáwid se sonde van die volkstelling ... en die heel grootste onregverdigheid is dat 'n sondelose Jesus in die plek van sondaars 'n wrede dood aan 'n kruis moet sterf ...

So wat probeer ek sê? Die mens wik maar God, die Groot Regter, beskik. Hierdie veelkantige saak is nog lank nie verby nie, lees ons elke dag in 'n halfdosyn koerante en selfs op die internet. Selfs al word regter Masipa se bevinding behou "aan die einde van die dag", MOET ons glo dat die Here in beheer is. En sê sy Woord nie vir ons nie: "Alles werk mee ten goede vir dié wat God liefhet"( Rom: 8:28) .
Henriettahttps://www.blogger.com/profile/17308892136309292383noreply@blogger.com