tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post3783828718686336134..comments2024-03-13T08:21:47.598+02:00Comments on Woord-Skatte Gemyn op Tsumeb: HOOR EK GOD REG?Johannes de Koninghttp://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comBlogger3125tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-74115373095615858622013-11-01T10:16:30.154+02:002013-11-01T10:16:30.154+02:00Stephan dalk kan jy die artikel LIEWE LULU op hier...Stephan dalk kan jy die artikel LIEWE LULU op hierdie Blog (weer) lees. http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2013/03/liewe-lulu.html

Groetni en vrede vir julle daar bo in Afrika!
JohannesJohannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-22607374168577605032013-11-01T10:12:13.451+02:002013-11-01T10:12:13.451+02:00Stephan, dis baie aangenaam of van julle daar uit ...Stephan, dis baie aangenaam of van julle daar uit Somaliƫ te hoor!

Jou vraag het natuurlik betrekking op die uiters diepsinnige waarheid van God se genadige uitverkiesing. Iet wat ons met ons beperkte verstand nooit hier en nou ten volle sal kan begryp nie.

Ek dink Romeine hoofstukkke 9-11 gee wel insig hierin. Sien veral 9:19-23. Dit gaan daaroor dat God verheerlik moet word en SAL word. Sy heerlikheid (wat insluit dat die reg en regverdigheid aan sy kant is) sal gedien word deur die voorwerpe van sy toorn (hulle wat kans gegee is om te bekeer en nie wou nie) sowel as deur die voorwerpe van ontferming (die wat die kans tot bekering aangegryp het, natuurlik nie omdat hulle so oulik was nie, maar omdat God so genadig was via ssy uitverkiesing en vryspraak deur die geloof.)

Van ons kant moet ons nie vrae vra agter die beloftes van God nie. Ons kan met vrymoedigheid God se uitnodigings verkondig en weet dat God sy genade beloftes werklik bedoel. Hierdeur sal God verheerlik word ongeag die reaksie. Diegene wat Hom verwerp se skuld sal net nog groter wees en dit sal bewys dat God regverdig is. So sal hulle ook (noodgedwonge) eer aan God bring! Diegene wat gehoor gee, sal ook eer aan God bring as tekens van die triomf van sy genade!Johannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-13499652923330079432013-11-01T08:05:26.688+02:002013-11-01T08:05:26.688+02:00More Johannes
Eerstens baie dankie vir die boodska...More Johannes
Eerstens baie dankie vir die boodskappe op jou blog. Ons gebruik dit gereeld met Bybelstudie hier in Mogadisjoe, hier is mos nie 'n kerk nie. Ek wil jou graag die volgende vra:
God is alwetend, so waarom sal Hy bemoeienis met iemand maak as Hy vooraf weet die person gaan hom nooit bekeer nie? Hoekom dan moeite doen met iemand as Hy weet dit sal tevergeefs wees? Ons sal graag jou mening hieroor wil hoor.

Groete
StephanAnonymousnoreply@blogger.com