tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post3583379559768300303..comments2024-03-13T08:21:47.598+02:00Comments on Woord-Skatte Gemyn op Tsumeb: GOD, OSCAR EN GESLAGSGEBASEERDE GEWELDJohannes de Koninghttp://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comBlogger5125tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-38940568075932805762014-03-05T17:28:22.673+02:002014-03-05T17:28:22.673+02:00Ja jy is heeltemal reg, die aftakeling van die man...Ja jy is heeltemal reg, die aftakeling van die man se posisie as hoof van die huis soos God dit in sy ordes bepaal het, is beslis deel van die probleem. Dit sorteer eintlik onder wat ek genoem het :"Soveel mense (selfs ook diegene wat in die kerk sit) steur hulle net nie meer aan God se norme vir seksualiteit, huwelik en gesinsordes nie." Dankie dat jy dit eksplisiet uitwys!Johannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-39445604213615762012014-03-05T16:10:16.729+02:002014-03-05T16:10:16.729+02:00Ja ek stem saam met alles wat hier gesê word, maar...Ja ek stem saam met alles wat hier gesê word, maar ek dink ons moet ook kyk na die man se situasie veral hier in Suid-Afrika. (Ek praat geensins geslagsgebaseerde geweld goed nie) in teendeel ek verwerp dit met afsku. Kom ons kyk wat is die mens se posisie volgens die Woord, koning, priester en profeet. Ek is die priester van my huis, die Woord sê ek is ook die hoof van my huis. Ek moet werk om brood te verdien sê die Woord in Gen 1. Maar kom ons kyk wat gebeur vandag. Die man word afgegradeer na die laaste plek op die prioriteitslys as dit by werk kom. Hy voel ʼn mislukking. Op hoeveel TV advertensies word die man verkleineer deurdat hy uitgebeeld word as die dom (stupid) een, ma slaan hom met die pan oor die kop en die kinders lag vir hom. Dit is alles anti Bybels. Dit gee die man nog nie die reg om daardie lelike dinge te doen nie, maar satan buit dit uit. Ek kan nog hoeveel voorbeelde noem, maar kom ons los dit eers hier
Boeta
Anonymousnoreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-53492927699439802022014-03-02T11:10:00.445+02:002014-03-02T11:10:00.445+02:00Baie dankie Wolf vir jou verhelderende opmerking. ...Baie dankie Wolf vir jou verhelderende opmerking. Ek is dit heelhartig eens met jou. God het reeds ALLES in Jesus gedoen, maar die hooghartige mens weier om die oplossing te aanvaar.Johannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-50689535399261743712014-03-01T17:08:56.604+02:002014-03-01T17:08:56.604+02:00Jou 2de laaste paragraaf is ter sprake: God en die...Jou 2de laaste paragraaf is ter sprake: God en die kerk word dikwels bygesleep (“Waarom laat God sulke dinge toe? Hoekom beskerm Hy nie vroue en kinders nie? Hoekom doen die kerk nie iets nie?”) deur mense wat in hulle alledaagse handel en wandel God en sy gebod totaal ignoreer”.

Om dit verder toe te lig kan ons aan diegene wat God (en die kerk) so tot optrede wil roep herinner dat God nie niks doen nie maar dat Hy alreeds die beste oplossing gegee het nl. sy Seun Jesus Christus wat ons sondes kom vergewe het, ons met God kom versoen het en nuwe lewe kom gee het.
Die kardinale vraag is nou nie meer wat doen God aan die gemors nie, maar wat doen ons as mense met die Oplossing wat God vir ons aanbied?
As mense nie bereid is om dit ten minste ernstig te bekyk om te sien of God se ingrype en genade en liefde en aanbod tot ‘n beter lewe en samelewing die waarheid is nie, moet hulle liewer stilbly tot tyd en wyl hulle wel ernstig die saak ondersoek het en dan genoegsame bewys kan lewer dat God se ingrype en Christus se volkome en voltooide werk vals is.
En ja, naas die kerk het die staat as mededienskneg van God (Rom 13) om die samelewing te help beskerm, te orden en te bevorder het ook ‘n plig om boosheid en sonde teen te staan en daarom ook soos jy genoem het die nodige maatreels te tref.
Wolfhttps://www.blogger.com/profile/12722271616121507209noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-49950651079774009672014-03-01T17:07:30.353+02:002014-03-01T17:07:30.353+02:00Jou 2de laaste paragraaf is ter sprake: God en die...Jou 2de laaste paragraaf is ter sprake: God en die kerk word dikwels bygesleep (“Waarom laat God sulke dinge toe? Hoekom beskerm Hy nie vroue en kinders nie? Hoekom doen die kerk nie iets nie?”) deur mense wat in hulle alledaagse handel en wandel God en sy gebod totaal ignoreer”.

Om dit verder toe te lig kan ons aan diegene wat God (en die kerk) so tot optrede wil roep herinner dat God nie niks doen nie maar dat Hy alreeds die beste oplossing gegee het nl. sy Seun Jesus Christus wat ons sondes kom vergewe het, ons met God kom versoen het en nuwe lewe kom gee het.
Die kardinale vraag is nou nie meer wat doen God aan die gemors nie, maar wat doen ons as mense met die Oplossing wat God vir ons aanbied?
As mense nie bereid is om dit ten minste ernstig te bekyk om te sien of God se ingrype en genade en liefde en aanbod tot ‘n beter lewe en samelewing die waarheid is nie, moet hulle liewer stilbly tot tyd en wyl hulle wel ernstig die saak ondersoek het en dan genoegsame bewys kan lewer dat God se ingrype en Christus se volkome en voltooide werk vals is.
En ja, naas die kerk het die staat as mededienskneg van God (Rom 13) om die samelewing te help beskerm, te orden en te bevorder het ook ‘n plig om boosheid en sonde teen te staan en daarom ook soos jy genoem het die nodige maatreels te tref.
Wolfhttps://www.blogger.com/profile/12722271616121507209noreply@blogger.com