tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post1576679851926952472..comments2024-03-13T08:21:47.598+02:00Comments on Woord-Skatte Gemyn op Tsumeb: DIE BOK WAT 'N LEEU WOU WORDJohannes de Koninghttp://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comBlogger4125tag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-63781748886698983392012-08-13T13:10:48.982+01:002012-08-13T13:10:48.982+01:00Baie dankie vir jou kommentaar. Ek dink ons stem p...Baie dankie vir jou kommentaar. Ek dink ons stem presies saam oor die noodsaaklikheid van die wedergeboorte en dis wat hierdie post wil uitlig. Die verklaring van "water" as natuurlike geboorte en "gees" as wedergeboorte deur die Gees, is inderdaad een van die algemene verduidelikings vir hierdie teks. Gesien egter in die lig van Johannes se verwysings na die Ou Testament stem ek saam met die bekende Baptiste teoloog en verklaarder, D A Carson se siening dat dat die tema van water en gees verwys na reiniging en vernuwing deur die Gees (maw wedergeboorte) wat reeds deur die OT profete in die vooruitsig gestel is, soos mens dit o.a in Esegiel 36 vind. Alle mense het vanselfsprekend 'n natuurlike geboorte, so dit sou eintlik heeltemal oorbodig vir Jesus wees om dit aan Nikodemus oor te dra.

groetnisJohannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-9494120858437415922012-08-13T09:20:45.810+01:002012-08-13T09:20:45.810+01:00Ek wil net graag kommentaar lewer oor die woorde &...Ek wil net graag kommentaar lewer oor die woorde "water en gees".

Die Here Jesus sê in Johannes 3 : 5 - 6 "Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees."

Die Nuwe Vertaling sê "Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees"

Hieruit verstaan ek, op grond van Nikodemus se vraag in vers 4 " 'n mens kan tog nie twee keer uit die skoot van jou moeder kom nie", dat die Here Jesus baie duidelik aan hom die twee geboortes beskrywe. Die vleeslike of menslike geboorte en die geestelike geboorte.

Die eerste is uit water (my vleeslike geboorte as mens op planeet Aarde) en die tweede is geestelik (die wedergeboorte - wanneer ek deur die Gees gebore word). Dit is wanneer ek die Here Jesus aanneem as Here en Saligmaker en daagliks volg as Sy dissipel. Johannes 1 : 12 - 13 praat van dat ek uit God gebore word en nou Sy kind genoem kan word.

So, geen mens sal die koninkryk van God beërwe sonder dat hy twee keer gebore word nie. Inteendeel, in die Koninkryk van God gaan daar nie fiktiewe mense wees wat geensins eers op aarde bestaan het nie of wat net 'n geestelike geboorte gehad het sonder 'n vleeslike of menslike geboorte nie. Nee, jy moet eers vleeslike as mens gebore word op hierdie planeet Aarde, en dan deur die Gees 'n tweede geboorte verkry as kind van God, dan sal jy die ewige lewe beërwe en die Koninkryk van God kan ingaan.

Alle mense wat deur die eeue bestaan het, wat op die planeet Aarde gebore is, tot op die wederkoms van onse Here Jesus Christus, is dus kandidate vir die Koninkryk van God.

Eerstens moet hy in die vlees in die skoot van sy moeder gebore word (deur water) en tweedens moet hy weergebore word deur die Heilige Gees en die Woord van God (1 Petrus 1 : 23) waardeur die lewe van Christus Jesus in hom geplaas word deur die geloof, aanneming van Christus Jesus en die genade van God (Gees)

Vrede vir u almal

Anonymousnoreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-60822061907083490802012-02-29T07:23:35.243+02:002012-02-29T07:23:35.243+02:00Jy is so reg Ida, jy verstaan dit goed!Jy is so reg Ida, jy verstaan dit goed!Johannes de Koninghttps://www.blogger.com/profile/11864623542782281544noreply@blogger.comtag:blogger.com,1999:blog-4936046487403651891.post-77590632390953160882012-02-28T22:03:01.320+02:002012-02-28T22:03:01.320+02:00Het my weereens laat besef: "Ek is nie 'n...Het my weereens laat besef: "Ek is nie 'n Christen omdat ek goeie werke doen nie, maar ek doen goeie werke omdat ek 'n Christen is."
Baie dankie!Idanoreply@blogger.com