BAIE WELKOM!

Deel in die ryk seëninge uit God se WOORD! Dit sal ook lekker wees om van jou te hoor! Neem dus vrymoedigheid om kommentaar te lewer (by OPMERKINGS), maar doen dit asseblief altyd op 'n smaakvolle en verantwoordbare manier. Onbeheerste galbrakery sal nie geplaas word nie... Die opinies hier uitgespreek is my eie tensy duidelik anders vermeld. Hierdie webjoernaal is nie 'n amptelike spreekbuis van die NG Kerk in Namibië of die Tsumeb gemeente nie.

Woensdag 11 November 2015

MOEDIGE MALTAHÖHE

- laat ook van hulle hoor!



[Die weerstand teen die Algemene Sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudings groei nog steeds. Dis nie net groot gemeentes soos Moreleta Park nie, maar ook klein gemeentetjies soos Maltahöhe wat hulle plig nakom binne die liggaam van Christus. Onderstaande is van broer Eddie van der Merwe ontvang]

Verklaring van Maltahöhe N.G. kerk aan die Namibiese sinode van die N.G. Kerk t.o.v. die algemene sinode se uitspraak oor homoseksualiteit.

Na baie gesprekke, eposse ontvang van verskillende kante af, intense gebed om Vader se stem te hoor, verwerp ons die uitsprake van die algemene sinode in totaliteit.

Dis so jammer dat die reddende genade van Christus deur hierdie uitspraak van homoseksuele mense ontneem word. Dit is waar dat al die ander sondes sigbaar in die kerk is, maar die kerk het tot nou toe nog darem die verkeerdheid en sondes aangespreek en dit nog nooit goedgekeur nie. Deur homoseksualiteit uit te sonder en goed te keur het die algemene sinode die deur oopgemaak vir al die ander dinge wat God in dieselfde konteks aanraak dat diegene wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal ingaan nie. Met hierdie uitspraak is die kansel nou oop vir enige verkragter, moordenaar, bedriëer, ens. Moenie vir my sê dit is nie so nie, want hulle word in dieselfde konteks as homoseksualiteit ge klassifiseer in die Bybel.

1) Homoseksuele het nou nie meer die genade van Christus nodig nie, want genade red, verlos, bevry, herstel die mens se verhouding met God. Dit word nou van hulle ontneem. Christus het nou verniet gesterf. Sy kruisdood het geen waarde meer nie. 

2) Die outoriteit van die Bybel word nou in twyfel getrek. Soos een van die doktore dit voorhou ( Ek het die bewyse en feite) "Die Bybel is ‘n antieke boek geskrywe in ‘n antieke tyd vir daardie tyd en het geen waarde meer vir die post moderne tyd van vandag nie” Die Bybel is nie meer God se woord nie, maar “ woorde oor ‘n god “

3) Die kerk verloor sy outoriteit en krag want sonde waarteen vir eeue lank teen gepredik was omdat ons kerkleiers geglo het dat die kerk van Christus heilig en onberispelik moet wees, word nou sonder enige skaamte ruggraatloos toegelaat.

Dit is baie duidelik dat Christus gedegradeer moet word tot gelyk aan al die ander profete van die nuwe wêreldorde. Prof. Sakkie Spangeberg sê in ‘n DVD wat ek in my besit het” Voorvadergees, toordokter, Jesus Christus….? Almal op die selfde vlak.”

Die humanistiese invloed van die nuwe wêreldorde is duidelik sigbaar in die uitspraak van die algemene sinode. Dit maak nie meer saak wat God in Sy Woord sê nie, solank die “mens" net nie benadeel word nie. 

Ons as NG Kerk Maltahöhe herbevestig ons verbintenis aan die Bybel as onfeilbare Woord van God en daarmee saam die ankers van die Reformasie soos bely en verkondig deur die ware kerk van God.

Ons verbind ons opnuut tot die:

Sola Scritura: Alleen God se Woord is waarheid.

Solis Christus: Alleen Christus kan ons met God versoen en lewens verander.

Sola Fide: Alleen deur geloof in Christus se soenverdienste is daar redding.

Sola Gratia: Alleen uit genade word ons weer met God versoen.

Alles lei tot eer van God: Soli Deo Gloria

Ons glo en bely dat die Woord van God helder en duidelik verduidelik word in die drie Formuliere van eenheid:

Nederlandse geloofsbelydenis

Dordtse leerreëls

Heidelbergse kategismus

Ikabod.


[Eddie van der Merwe]

2 opmerkings:

  1. Dit is so mooi verklaring die. Dit gee my sommer 'n knop in die keel. Mag die Here van die klein tot die groot gemeentes versterk in hul geloof deur so geloofsbelydenis.

    AntwoordVee uit
  2. AMEN.Duidelik en op die punt af.Dankie dit gee my moed.dat die stroom van protes n oorweldigende vloedgolf sal word wat die leun van die Algemene Sinode sal verswelg.

    AntwoordVee uit

Jy is welkom om kommentaar te lewer. Hou dit kort, beleef en op die punt af.
As jy nie iewers geregistreer is nie, gebruik die anonymous opsie.